
Tom Cullberg
Kurator: Brundyn + Gonsalves
Solo-uitstalling
“The Messengers” - Olie op doek |
“The Man Who Watched the Trains Go By” - Olie op doek |
BRUNDYN+GONSALVES bied met trots ’n keur uit Tom Cullberg se abstrakte skilderye en omslagportrette vir die ABSA KKNK-kunsuitstalling aan.
Met hierdie salonmuur verken Cullberg die grensgebied tussen die tasbare en die ontasbare deur die kyker in staat te stel om sy abstrakte skilderye langs sy kenmerkende omslagportrette te sien. Ondanks die oënskynlik uiteenlopende elemente is dit ongetwyfeld ’n homogene groep kunswerke; die kombinasie van abstrakte werke en figuratiewe omslagportrette kom nooit onsamehangend voor nie. Die twee style span saam om groter reikwydte aan Cullberg se doelwit met sy skeppende werk te verleen.
Die saambindende draad van die uitstalling is Cullberg se daarstelling van ’n ruimte bestaande uit vrye assosiasie, beide subjektief en persoonlik. Dit is van toepassing op sowel die kunstenaar self tydens die skeppingsproses as die kyker wat die voltooide kunswerke besigtig.
Tom Cullberg is in 1972 in Stockholm, Swede, gebore en woon en werk tans in Kaapstad. Hy het in 1997 aan die UK se Michaelis Skool vir Skone Kunste gegradueer. Cullberg het sowel plaaslik as internasionaal uitgestal, onder andere by die Johannesburgse Kunsfees, Johannesburg (2011); Michael Stevenson, Kaapstad (2009); Magrorocca Galleria d’Arte, Milaan (2007) en Galleri Svenska Bilder, Stockholm (2003). Sy kunswerke is opgeneem in sowel publieke as korporatiewe versamelings soos dié van Hollard, Karolinska Sjukhuset (Stockholm), Sasol, Spier en die Sweedse Parlement.
Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat
Besoek die virtuele kunsgalery
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


