ABSA KKNK 2013 Kuns: Die Sewe Dodelike Hoofdeugde / The Seven Deadly Virtues

  • 0

The Seven Deadly Virtues | Die Sewe Dodelike Hoofdeugde

Kurator: Paul Bayliss
Groepuitstalling

The Seven Deadly Virtues / Die Sewe Dodelike Hoofdeugde-uitstalling fokus op die kontemporêre gedagte van die konsep van die sewe dodelike hoofdeugde, waar ons ons eie sondes as deugdelike eienskappe vermom.

Die deugde het hulle oorsprong in die gedagte van ’n morele lewe. Met die “krimp” van die wêreld as gevolg van nuwe media, nuwe tegnologie en postmodernisme, het die “ek” egter  ? belangriker aspek as die “ons” in die samelewing geword. Selfuiting, “my morele kode”, “waarmee ek gemaklik voel”, “ek glo”, “ek wil hê”, ens, is almal uitdrukkings wat op die dood van die ideale lewe dui ... die “morele” lewe.

Met die geboorte van die “ek”, word die gedagte van selfbewaring al belangriker waar waarhede, deugde en sondes eenvoudige hulpmiddels word wat die eindresultaat van oorlewing teweegbring. Die Sewe Dodelike Hoofdeugde (gulhartigheid, welwillendheid, geheelonthouding, kuisheid, nederigheid, geduld en toewyding) is die ander kant van die sewe hoofsondes (hebsug, jaloesie, gulsigheid, wellus, hoogmoed, boosheid en luiheid), wat die stryd tussen goeie deugde en bose sedes behels.

Nege en twintig kunstenaars wat voorheen aan die Absa L’Atelier-kunskompetisie deelgeneem het of daarby betrokke was, is deur die ABSA Kunsgalery genooi om aan die uitstalling deel te neem.

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

 

Besoek die virtuele galery

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top