ABSA KKNK 2013 Kuns: Streeksbiblioteek

  • 0

Streeksbiblioteek

Olaf Bisschoff
Solo-uitstalling

“First Lesson”

Skilder Olaf Bisschoff stel ’n private biblioteek voor, deur ge-dekonstrueerde boeke as skilderdoek te gebruik en in kunswerke te omskep. Die titels van die boeke word op ’n insiggewende manier aan kontemporêre skilderkuns gekoppel. Die “bedreigde” boek verkry dus ’n nuwe lewe as duursame versamelstuk met langlewendheid. In gees met die idee van die reisende biblioteek sal die uitstalling uit 3 dele bestaan: Biblioteek open by die Woordfees op Stellenbosch in 2013 en Streeksbiblioteek by die ABSA KKNK 2013 op Oudtshoorn.

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

 

Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top