
No Country for Old Women
Feeskunstenaar Diane Victor
Solo-uitstalling

Diane Victor “praat” deur haar werke; haar “woorde” ontbloot die bogtery, onheil, ellende en duisternis wat skuil in die menslike hart. Deur haar werke konfronteer sy die toeskouer met kwessies waarvan hulle oor die algemeen sou wou wegskram. Victor skram nie weg nie, en dit is juis hierdie intense blik deur die kunstenaar wat haar werke so magies en kragdadig maak.
Victor se loopbaan word geken aan haar idiosinkratiese en persoonlike ikonografie. Die kunstenaar isoleer en distansieer haarself nie van die onderwerpe deur die toepassing van intellektuele selfvoldaanheid en kieskeurigheid nie, want blote intellektuele analise sou nie die kunstenaar of toeskouer dwing tot introspeksie of selfbesinning nie.
Victor se visuele verbeelding is ’n unieke vermenging van interne kompulsies en geskiedkundige visuele simbole wat transformeer tot ’n intense bestaans-visie. Met die uitstalling No Country for Old Women, poog Victor om die dinamika van vrouwees – van oud wees – visueel te verwoord. Vir Victor is die verouderende liggaam ’n metafoor vir psigologiese ekspressie: vlees ontbloot gees.
Gratis daagliks, Victoria Memorial Hall (Anglikaanse Kerksaal), Baron van Reedestraat
Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


