
Skilder met Woorde III – 'n ATKV-produksie
Kurator: Nita Cronjé
Groepuitstalling

Karin Miller: “Een, twee, drie, blok myself” – Litografiese kleurafdruk
Met Skilder met Woorde III, is daar aan sewe beeldende kunstenaars en digters opdrag gegee om ’n kunswerk en gedig te skep rondom die tema – “1 2 3 blok myself!”. Deur ’n wisselwerking tussen die beeldende- en woordkunstenaar, is daar toe ’n kunswerk en gepaardgaande gedig geskep wat die tema uitbeeld.
Mr Cat and the Jackal was verantwoordelik vir die Skilder met Woorde III-klankbaan. As deel van die klankbaan, dra stemkunstenaars (Anna-Mart van der Merwe en Petrus du Preez) die gedigte voor. Besoekers aan die uitstalling bekyk elke kunswerk/gedig-kombinasie individueel, aangesien dit afsonderlik belig word terwyl die bypassende klankbaan gehoor kan word.
Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat
Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


