
Me.Ek
Kurator: Elfriede Dreyer
Groepuitstalling
![]() |
Die titel van die uitstalling, Me.Ek, is geïnspireer deur die belangrike rol wat die sosiale media vandag in ons lewens speel. Facebook, Twitter, me.com en ander tuistes is gesentreer is rondom die eie ek: ek en my vriende, belangstellings, gebeurlikhede, konneksies, vreugdes en rampe. Dit is ironies dat die Engelse woord 'site' juis met 'tuiste' vertaal word – 'n aanduiding dat hierdie elektroniese omgewings 'n nuwe 'tuiste' vir baie mense geword het. Hierdie toedrag van sake word gereflekteer in kontemporêre kuns reg oor die wêreld waar daar 'n soeke na identiteit en 'n toenemende sin vir selfondersoek opsigtelik is. Die uitstalling Me.Ek reflekteer sodanige soeke na en verstaan van identiteit in werke in verskillende media soos skilder, beeldhou, teken, video, gevonde materiaal, gemengde media en grafiese kuns. In vele van die werke dra die keuse van materiaal tot die uitbeelding van identiteit by. Die geselekteerde kunstenaars isJohan Thom, Senzeni Marasela, Lionel Smit, Rozan Cochrane, Jayne Crawshay-Hall, St John Fuller, Aidon Westcott, Marlise Keith, Johan Moolman, Nellien Brewer, Guy du Toit, Amita Makan, Titus Matiyane, Chris Diedericks, Daandrey Steyn, Rae Goosen en Colleen Ross. Verskeie van dié kunstenaars se werk is in publieke versamelings opgeneem, is internasionaal uitgestal en het merietetoekennings gewen.
Me.Ek is gekureer deur Elfriede Dreyer, professor in Beeldende Kunste aan die Universiteit van Pretoria en medestigter en kurator van Fried Contemporary Kunsgalery & Studio in Pretoria. Elfriede het in Suid-Afrika en Nederland haar studies voltooi en sy is konseptueel gemoeid met utopie/distopie diskoerse, tegnologisering en Afrika modernisme.
Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat
Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



