Kos en wyn

Resensies, artikels en kos-rubrieke vir fynproewers
Reviews, articles and food columns for foodies

My hart is in ’n hot dog

Karen Hart Kos en wyn 2022-12-12

"Die rolletjie – wit, nie volgraan of een of ander 'gesonde' alternatief nie – moet net liggies gerooster wees, en lank genoeg om die worsie byna heeltemal te bedek. En die worsie self moet so ’n knakgeluidjie maak wanneer jy daardeur byt. ’n Lekker mosterd- en tamatiesous daarby, en ek is in hot dog-hemel."

Karen se blatjanghoender

Karen Hart Kos en wyn 2022-11-17

"Mrs Balls se blatjang is so deel van ons koskultuur soos biltong en beskuit. En gaan kyk maar in Ouma se handgeskrewe resepte – iewers daar sal jy op ’n resep vir blatjanghoender afkom, tot vandag toe nog ’n groot gunsteling."

Bloedlemoen, o bloedlemoen ...

Karen Hart Kos en wyn 2022-09-21

"Die ou lemoentjie lyk maar doodgewoon, nes sy boeties en sussies. Maar as jy hom oopsny, is dit ’n heel ander storie. Binne-in is die oranje segmente plek-plek met ’n byna persrooi gevlek en die sap is soos bloed. Die smaak is sitrus en tipies lemoen, maar effe soeter met ’n byna framboserige ondertoon."

Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft Drinks Festival!

LitNet Leefstyl 2022-09-19

LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft Drinks Festival (SCDF), gee 3x2 kaartjies weg. Dit sal drie paartjies die geleentheid gee om die SCDF op 8 Oktober by te woon.

Karen se Tafelberg-potjie (vir M)

Karen Hart Kos en wyn 2022-09-01

"Hierdie een is nou baie hoog boaan die trefferlys en ek maak dit gereeld. Wanneer hy vir hom van hierdie potjie skep, sê M, lyk sy bord soos Tafelberg, lekker hoog gestapel. Dis een van sy groot gunstelinge."

My winter word gemmer

Karen Hart Kos en wyn 2022-08-01

"Met ’n koppie rooibostee en ’n gemmerkoekie vir troos, kyk ek diep in Bliksem se goue oë, knipoog vir hom en sê uit my hart uit vir my buurman dankie vir die gemmer in my lewe. Terwyl ek nog kan ..."

Liefdesrituele in my kombuiskatedraal

Karen Hart Kos en wyn 2022-06-15

"Een van die lekkerste kosrituele is die maak van frikkadelle. Eenvoudige kos, ja, maar moenie dat enigeen dit sommer afmaak as alledaags nie."

Kragkapingskos: Jafels

Karen Hart Kos en wyn 2022-06-02

"Maar die lekkerste van die kragonderbrekings is dat dit genoeg verskoning is vir jafels maak. Met al die gepreek teen brood en al die ander sondige dinge is dit te lekker om te sê: 'Ja, maar Eskom ...' en met volle oorgawe jou tande in ’n lekker boepensjafel in te sink. Dink net aan al die lekker vulsels – jy kan tot ’n soet jafel met ’n melktertvulsel maak!"

Nommer, asseblief! Telefoonpoeding

Karen Hart Kos en wyn 2022-04-29

"Maar dis in die nederige ou boekies wat saamgestel is in ’n poging om fondse in te samel waar ek op die wonderlikste ou resepte afkom. Soos 'Kies en keur', ’n resepteboek wat in die sewentigerjare deur die Goudveldse Dagsentrum vir Gestremdes saamgestel is. Dis daar waar ek dié resep vir telefoonpoeding raak gelees het."

Ek sê dankie met roomys

Karen Hart Kos en wyn 2022-03-16

"En daar op die heilige Sondag het die gedagte aan roomys my weer teruggevoer. Ek het skielik besef ek soek verniet na betowering as daar nie dankbaarheid in my hart is nie."

Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft-bierfees!

LitNet Kos en wyn 2022-02-24

LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft-bierfees, gee 5 x 2 kaartjies weg na die Stellenbosch Craft-bierfees op 5 Maart 2022.

’n Sprokie en ’n boek vir ’n hartskombuis (en ’n resep vir Karen se Repelsteeltjies)

Karen Hart Kos en wyn 2022-02-21

"En so het elk van die duisende kookboeke op my rakke sy eie komvandaanstorie. Ek mag miskien so ’n bietjie vergeet het, maar die oomblik wanneer ek ’n boek oopslaan, begin die hele storie weer voor my afspeel."

Sampioene

Karen Hart Kos en wyn 2022-01-25

"Maar daardie sampioene … Kyk, as ’n Karookind jou sê jy kan maar die vleis los en net van die sampioene gee, dan moet jy weet – dis blerrie lekker."

Terugkeer se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates

Naomi Meyer, Hevette Ates TV 2022-01-12

"Die samesyn rondom kos aan etenstafel en die bekoring van die leefstyl in klein dorpe was die inspirasie vir die program."

Vir die voëls – tydens die feesseisoen

Karen Hart Kos en wyn 2021-12-22

"Die voerdery bly ook nie net by die voëls nie. Ek is op my gelukkigste wanneer ek ’n tafel vol mense kan kos gee. Iewers in ’n ander lewe was ek seker ’n Italiaanse mama wat al haar kinders en familie om ’n tafel laat aansit en borde vol pasta gevoer het."

Eiers is belangrik

Karen Hart Kos en wyn 2021-11-16

"Ek sal, hoewel maar baie traag, van brood en pasta afskeid neem. Maar eiers ... ek kan my nie die lewe sonder eiers voorstel nie!"

Papryp papajas en pitte

Karen Hart Kos en wyn 2021-11-01

"Maar die heel, heel lekkerste bly die papajablatjang wat ek gekook het van papajas wat so ampertjies op die komposhoop beland het. Ek het net een klagte – die flessie hou nie lank nie."

Brandnetels en ’n sout kaaskoek vir almal wat virus-voos is

Karen Hart Kos en wyn 2021-09-21

"Ek was so opgewonde oor die brandnetels dat ek gesukkel het om te besluit wat ek daarmee gaan maak – brandnetel-gnocchi was ’n gunsteling, maar toe wen die kaaskoek."

Driving Miss Daisy ... reguit kospotte toe

Karen Hart Kos en wyn 2021-08-17

"Hy het eenkeer vir my en my ma agter in die taxi hoor gesels oor die kerrie wat ek wil kook. Maak ek myne met 'ertappeltjies'? vra hy toe. So met die gesels vind ek toe uit hy was jare lank die kok aan boord van die boot wat tussen Mosselbaai se hawe en een van die oliebore gevaar het. Hy belowe toe vir my hy sal sy eie, handgeskrewe resepte vir my bring."

Beskuit

Karen Hart Kos en wyn 2021-07-15

"Ek bak koekies en beskuit. Die koekies is vir bestellings – in moeilike tye soek mense troos in tuisgebak. Maar die beskuit is vir die huis."

Top