Persverklaring: McGregor se eerste Cap Classique-fees op 25 Maart

  • 0

The Blend bied aan:
Bubblyfees, Saterdag 25 Maart, 2023
The Blend, Voortrekkerstraat, McGregor

Kom trek die kurke saam met ons by McGregor se eerste Cap Classique-fees op die 25ste Maart, die McGregor Bubblyfees!

The Blend koffiewinkel gaan van Suid-Afrika se top produseerders van Cap Classique byeenbring vir die eerste van drie wynfeeste in die dorp. 

Benita Gouws, eienaar van The Blend koffie winkel waar die fees gaan plaasvind, sê: “Mense kan die beste van die Langeberg streek verwag, naamlik Silverthorn-wyne, Weltevrede-wyne, Graham Beck, Lord’s wyne sowel as Bemind-wyne, ons eie garagiste op die dorp. Daar sal ook wynplase van verder weg hulself ten toon stel, naamliks, Genevieve vanaf Botrivier, Haute Cabriere, Villiera asook Black Elephant Vintners.

“Ons gaan ook ’n verskeidenheid kosstalletjies beskikbaar hê op die dag, en ons gaste kan ’n regte kleindorpkoservaring verwag met plaasgelik gemaakte skaapkaas, charcuterie, patés, smere en gebakte brode!  Ons sal ook ’n sushi- en oesterstalletjie hê en heerlike Schwarma’s, sowel as die welbekende sjokolades van Von Geusau.

“Hierdie gaan eerlikwaar ’n uitstekende kans wees vir ons mense om puik Cap Classiques vanaf regoor die Wes-kaap te probeer en vir ons gaste om tipiese kleindorpsjarme en -gasvryheid te geniet, terwyl hulle onder ’n okkerneutboom sit en kuier. Ons kan nie wag om almal te verwelkom nie!”

Met heerlik skaduwee en sitplek kan jy lekker rustig raak en die strelende klanke van The Misty Cliffs-trio geniet.  Die Misty Cliffs is ’n groep ervare musikante vanaf Kaapstad, wat al vanaf 2020 saam musiek maak. In hulle woorde, hulle is so dik soos drie lae verf! Hulle speel regoor die land en Nick Turner (kitaar/sang), Nick Catto (bas/sang) en Matt Catto (trom/sang) is gesoute musikante wat vir uitstekende musiek gaan sorg.

The Misty Cliffs se musiek is beskrywend en emosioneel, die lirieke sal jou laat dink en die woorde laat voel. Terwyl hulle bekend is vir hul ekspressiewe en aangrypende kitaarklanke, melodiese en modieuse drome, is die span ook bekend vir hulle veelsydigheid en voorliefde vir die ongewone.  Geen vertonings is ooit dieselfde nie, maar een ding is verseker – jy gaan ’n goeie tyd hê!

Die fees vind plaas vanaf 14:00-18:00 en die kaartjies is teen R200 per persoon beskikbaar by Quicket: https://qkt.io/iMZW5q

As jy in ’n groep kom en die persoon wat bestuur drink nie alkohol nie, kan hierdie persoon ’n kaartjie koop vir R100 ipv R200.

Nota: Geen kaartjies te koop aan onder 18’s.

Daar is ’n verskeidenheid kaartjies beskikbaar, jy kan kies tussen enkel feeskaartjies of jy van kaartjies koop met voorafbesprekings by uitstekende restaurante op die dorp, soos The Fat Ladies Arms, of die restaurant by Temenos, benaamd Tebaldi’s.

Die kaartjies sluit ’n feesglas en ’n string proekaartjies in. The Blend is ten volle gelisensieerd, so hoekom geniet julle nie ’n bottel nie, of pak sommer die kar vol van julle gunstelinge!

Merk solank 1 Julie in die kalender vir ons eerste Rooiwyne- en Soetesfees!

Meer inligting: hello@theblend.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top