Red & Sweet Wine Fest 2023: Jy kan kaartjies wen!

  • 0

Red & Sweet Wine Fest 2023

The Blend, McGregor, Saterdag 1 Julie

LitNet, in samewerking met The Blend in McGregor, gee 3x2 kaartjies weg na die Rooi- en Soetwynfees op 1 Julie 2023.

Drie paartjies sal dus die geleentheid kry om die fees by te woon – wenners moet net eie verblyf en vervoer reël.

Hoe om in te skryf:

Lees die persverklaring en beantwoord die baie eenvoudige vraag onderaan die persverklaring. Verdere instruksies volg na die vraag.

Die Persverklaring:

The Blend Koffiewinkel│Deli│Wynboutiek maak gereed vir nog ’n lekker fees in sy gesellige agterplaas in die lieflike dorpie McGregor. Die eerste Bubbly Fees wat in Maart aangebied is, was ’n groot sukses en die nuwe tema, wat spesiaal gekies is vir ’n gevoel van heerlike winter samesyn, is Rooi- en Soetwyn.

Kaartjies vir die fees is beskikbaar by Quicket: https://qkt.io/Oh9C97.

Maak gereed om tussen 14h00 en 18h00 fees te vier met van die beste wyne van die omgewing, asook heerlike kos en musiekvermaak deur die gewilde groep The Misty Cliffs.

The Blend se agterplaas is prentjiesmooi met die skaduwee van groot akkerbome en vir ’n gesellige feesgevoel sal daar ook bedouintente opgeslaan wees. Vir diegene wat stiller hoekies verkies, sal daar ekstra sitplekke by die aangrensende restaurant The Fat Ladies Arms beskikbaar wees.

Benita Gouws

Benita Gouws, eienaar van The Blend, sê dat sy en haar span opgewonde is om van die Kaap se beste rooi- en soetwyne vir feesgangers aan te kan bied.

Ons doen baie moeite met die seleksie en daar sal ook ’n verskeidenheid kosstalletjies met smullekker etes wees. Kaartjies vir sekere kosaanbiedinge is by Quicket te koop sodat ’n mens nie lank hoef te wag op die dag van die fees nie. Die spyskaart bestaan onder andere uit beef bourguignon, seekos-gumbo, el churros, Glühwein en meer.

Feeskaartjies sluit proekoeponne in, sowel as ’n glas van The Blend wat jy na die tyd kan huistoe neem. Vir dié wat op ’n aangewese bestuurders is, is daar ook ’n opsie wees om ’n kaartjie met ’n glas vir nie-alkoholiese drankies te koop.

The Misty Cliffs

Die musiekgroep The Misty Cliffs bestaan uit drie gesoute musikante: Nick Turner (Kitaar en Sang), Nick Catto (Baskitaar en Sang) en Matt Catto (Dromme en sang). Dié bekende groep se nuutste enkelsnit “Don’t Complicate it” is hoog bo-aan die lysie van die liedjies wat hulle tydens die fees gaan sing. Nick Catto sê: “Dis ’n lekker ligte, prettige liedjie en ons sing dit elke keer met hart en siel. Hoop ons sien julle daar!”

The Blend se personeel

The Blend het sy deure in die tyd van die Covid-pandemie oopgemaak en is tans een van McGregor se gewildste koffiewinkels. Dit bevat ook ’n deli en wynboetiek. Benita en haar span bedien daagliks lekker vars koffie en gebak, die deli- en wynafdelings bied net die beste produkte en wyne aan. The Blend strewe daarna om die one-stop-shop vir die mense van McGregor, sowel as besoekers te wees.  

McGregor is op die randjie van die Klein-Karoo, min of meer 2 ure se ry vanaf Kaapstad en 22 km buite Robertson. Heerlike sonnige wintersdae en vars, koel aande is eie aan die Karoowinterweer. Dit is die perfekte dorpie vir ’n naweekkuier met pragtige akkommodasie-opsies. Wat is nou lekkerder as ’n warm kaggelvuur met ’n glasie wyn? McGregor bied ook ’n verskeidenheid uitstekende restaurante om van te kies vir ontbyt, middagete en aandete. Aktiwiteite sluit kort staptogte en bergfietspaaie in, of jy kan die talle plaaslike winkels in die hoofpad besoek. Stop by een van die plaaslike kroeë en geniet ’n drankie. Jy sal altyd met ope arms en die gasvryheid deur die dorp se plaaslike mense ontvang word. Daar is ook pottebakkeryateljees en kunsgallerye om te besoek.

Borgskap:

The Blend bedank graag vir Chris Steytler van Meridian Realty vir die borgskap van die Publisiteit vir die Red & Sweet Wine Fest.

Kompetisievraag:

Wie is die eienaar van The Blend?

Hoe om in te skryf:

  • Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Rooi- en soetwyn”.
  • In die e-pos self moet jy die eienaar van The Blend se naam tik.
  • Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
  • Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Maandagoggend 26 Junie 2023 bereik.

Reëls

  • Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
  • Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
  • Wenners sal self by die fees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
  • Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
  • Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan die organiseerders te verskaf en jy gee aan hulle die reg om met jou kontak te maak.
  • LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top