
LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft Drinks Festival (SCDF), gee 3x2 kaartjies weg. Dit sal drie paartjies die geleentheid gee om die SCDF by te woon.
Hoe om in te skryf
Lees die persverklaring.
- Stuur ’n e-pos aan wenbier@litnet.co.za met die onderwerp “Handgemaak”.
- In die e-pos self moet jy twee soorte drinkgoed noem wat op 8 Oktober in die Jan Marais-natuurreservaat in Stellenbosch teenwoordig sal wees.
- Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
- Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op 3 Oktober 2022 bereik.
Reëls
- Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
- Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
- Wenners sal self by die fees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
- Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
- Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan LK Mediabook te verskaf en jy gee aan LK Mediabook die reg om met jou kontak te maak.
- LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
- Geniet jou drankies verantwoordelik, wenner of te nie!
Persverklaring

Die Stellenbosch Craft Drinks Festival (SCDF)
Stellenbosch se gewildste bierfees vir mikrobrouerye, bied nou ook allerlei uitgesoekte drankies soos jenewer, wyn en seltzers aan.
Saterdag 8 Oktober 2022 by die Jan Marais Natuurreservaat in Stellenbosch
Die Stellenbosch Craft Drinks Festival het in 2012 begin as ’n spesiale geleentheid om uitgesoekte, handgemaakte biere bekend te stel aan ’n belangstellende mark. Deur die jare het dié gesellige fees naam gemaak as een van die jaarlikse sosiale hoogtepunte in Stellenbosch. Dit is nou al ’n tradisie!
Die SCDF bestaan hoofsaaklik uit ’n kombinasie van die nuutste en gewildste handgemaakte biere, asook ’n verskeidenheid kosstalletjies en musiekvermaak. Dit word aangebied in een van die heel mooiste buitelugplekke in Stellenbosch, die Jan Marais Natuurreservaat.
Die SCDF is opgewonde om vir sy 10de verjaardag nou ook ‘n veel groter verskeidenheid handgemaakte drankies aan te bied. Dit is nie net meer biere wat deesdae op ’n klein skaal gedistilleer en gebrou word nie, maar ook wyn, seltzers en likeurs sal aan die bod kom. Die SCDF skep ’n platform vir gewilde, asook opwindende nuwe, handelsmerke om hul spesiale brousels aan te bied. Die bewusmaking en ervaring van handgemaakte drankies, het die aanbod uit mikrobrouery en mikrodistillering die afgelope paar jaar na nuwe hoogtes geneem. Nou sien mens ook hoe jenewer op klein skaal gemaak word, selfs rum wat van agave gestook word, is nou te kry.
Vanjaar bied die SCDF ook ’n niealkoholiese-kelkiekroeg, waar ’n verskeidenheid mocktails van vars sap alkoholvrye drankies aangebied sal word.
Daar is iets van alles!
Daarby saam kom heerlike kosstalletjies, asook van die beste geroosterde koffie in Stellenbosch.
Die SBDF is geskik vir die hele gesin. Bring die familie en vriende en kom geniet alles wat hierdie besonderse fees bied. Daar is genoeg sitplekke en skaduwee, asook speelplek vir kinders.
Feesgangers is welkom om ook hulle eie kampstoele, sambrele of gazebos te bring, sodat hulle nog geriefliker kan uitspan.
Diegene wat voormiddag daar aankom, kan ook deur die pragtige park loop om die dag lekker vars aan te pak.
Die hekke maak 11h00 oop en die musiekvermaak is vanaf 12h00.

Kaartjies: Aanlyn verkope:
- Kaartjies is beskikbaar deur Quicket: https://qkt.io/oufNWA.
- Volwassenes se kaartjies, sluit ‘n bierbeker in: R150
- Volwassenes se kaartjies, bring jou eie bierbeker: R110
- Kinderkaartjies, ouderdom 12–17: R70 (Nota: geen alkoholverkope aan kinders onder 18 nie.)
- Kinders onder 12 kry gratis toegang, daar is ook ’n speelarea vir kinders.
- Nota: ’n R5-fooi word geheg vir kaartjies wat aanlyn deur Quicket gekoop word.
Kaartjies by die hek:
- Volwassenes se kaartjies sonder bierbeker: R150
- Bierbekers: R50.
- Kinders 12–17: R80. (Nota: geen alkoholverkope aan kinders onder 18 nie.)
- Kinders onder 12 kry gratis toegang.
Inligting:
Vir meer inligting, kontak hello@dpk.co.za.
Vir gereelde nuus, kompetisies en meer, volg SCDF op sosiale media:
- Alle beeldmateriaal is verskaf.

