In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

Nelle Dreyer: 'n Ster verskiet

Louis Jansen van Vuuren In memoriam 2015-10-21

"Wie kan die gelaaide oomblik en uitspattige gejuig vergeet toe sy as Sjampanjenooi voor die skare op Coetzenburg uitstap."

Breyten Breytenbach bring hulde aan Tienie du Plessis

Breyten Breytenbach In memoriam 2015-10-13

"Wat ek wel weet en baie sterk oor voel, is dat hy een van die heel weinige uitgewers was wat met integriteit en lojaliteit bly werk het as alternatief tot die hegemonie van die polities korrektes – of dit nou politieke ortodoksies of die dwingelandy van groot, monopolistiese maatskappye was."

In Memoriam: Frank Martinus Arion (1936-2015)

Alfred Schaffer In memoriam 2015-10-08

"Arion wilde altijd nog die ene grote roman schrijven over die moeder, dat grote voorbeeld, de mythe in zijn leven. Het is er niet van gekomen."

Joost Zwagerman overleden

Hendrik-Jan de Wit In memoriam 2015-09-14

"Met de dood van Joost Zwagerman heeft Nederland een bijzondere schrijver verloren."

Joost Zwagerman (18 November 1963, Alkmaar – 8 September 2015, Haarlem)

Annemarié van Niekerk In memoriam 2015-09-14

"So was Joost Zwagerman. Hy en sy begeesterde belangstellings kon niemand wat met hom in aanraking kom, koud laat nie. Hy sou jou anders laat kyk en anders laat dink, en terselfdertyd laat voel of jy self plotseling bars van energie."

TT Cloete (31-05-24 – 29-07-15)

Heilna du Plooy In memoriam 2015-08-04

"Met die afsterwe van TT Cloete staan daar inderdaad ’n unieke biblioteek in ligte laaie."

TT Cloete – 'n Memoir

Rensia Robinson In memoriam 2015-08-03

Rensia Robinson skryf oor "die vormende digterlike intellek van TT Cloete".

Huldeblyk: TT Cloete

Heilna du Plooy PEN Afrikaans 2015-07-30

"Tog gaan dit nie net om wat 'n mens doen nie, maar juis en veral oor hoe jy dit doen. Dit is dan ook vir die kwaliteit, die styl en die aard van sy werk en lewe wat TT Cloete onthou sal word."

Literêre reus oorlede

Jacques van der Elst Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2015-07-30

"Sy veelsydige digterskap en groot talent is ook geopenbaar in sy deelname aan die beryming van die psalms – hier het hy ’n onskatbare bydrae tot die Afrikaanse geestelike liedereskat gelewer."

In Memoriam: EL Doctorow

Philip van der Merwe In memoriam 2015-07-29

"EL Doctorow, die meesterlike skrywer en Mensch, is oorlede."

By die dood van Johan Degenaar (1926–2015)

Etienne Britz In memoriam 2015-07-28

"Tydens Johan se loopbaan as Stellenbosse akademikus was daar 'n breuk tussen die Afrikaner se godsdienstige en politieke oortuiginge. Waarop hy as politieke filosoof gewys het, was dat 'n mens jou sake in die hiermaals in orde moet kry alvorens jy met die hiernamaals te koop mag loop."

In memoriam: Johannes Pieter Smuts, 07/09/1934–20/07/2015

Etienne Bloemhof In memoriam 2015-07-22

"Wat wél kenbaar is, is die invloed wat so ’n persoon op jou eie lewe gehad het; daarom kan ek bloot sê dat om Johan te geken het, my lewe mateloos verryk het."

In Memoriam: Patrick Cull

Jason Lloyd Jason Lloyd: Hotnotsgot 2015-06-26

"Die dood van die voorslagjoernalis Patrick Cull verlede week het my herinner aan die bywoning van my eerste politieke partykongres, my ontmoeting met hom en hoe hy oudpresident Thabo Mbeki laat lag het."

Huldeblyk aan Jan Scholtz

Mysi Louw In memoriam 2015-06-23

"Ek was  bevoorreg om nóú saam met hom te werk aan Binnekring, Sonkring  en Triptiek en vele  ander storie-idees het ons saam met hom en sy span ontwikkel. Sy reekse was  altyd treffers en ons, by die ou TV1,  is  oorval met versoeke vir opvolgreekse."

In Memoriam: Jan Scholtz

Paul C Venter In memoriam 2015-06-22

"Ek het tydens Jan Scholtz tragiese siekte besef ek mis dit veral, daardie laggie so droog soos ’n goeie rooiwyn. Ek gaan dit nou nog meer mis."

Huldeblyk: Ena Murray

LitNet In memoriam 2015-06-04

NB-Uitgewers vereer haar vir die groot werk wat sy gedoen het en vir haar nalatenskap.

In Memoriam: Dot Vermeulen

Elizabeth Miller-Vermeulen In memoriam 2015-05-04

"Dot se kuns is  vernuwend, en as wenner van die Sasol New Signatures 2013 het sy sodanige  erkenning vir haar eie, vernuwende, visuele werk gekry."

Günter Grass (1927–2015) en die eensaamheid van skryf

Loammi Wolf In memoriam 2015-04-22

"My eerste gedagte toe ek hoor dat Günter Grass oorlede is, was aan die uieskillery."

In Memoriam: Jürgen Fomm

Frederik de Jager In memoriam 2015-04-14

"Vandag is elkeen ’n tipograaf met ’n rekenaar en InDesign-programmatuur. Vandag is iedereen ook ’n kenner met Google aan die vingerpunte, en ’n gepubliseerde skrywer op Amazon. Maar toenmalig, in die Europese skool van tipografie, het jy ’n uitgebreide en uitgerekte opleiding ondergaan. En tipograwe soos Jürgen Fomm was vakmeesters, soos wat skilders en beeldhouers dit was."

Visioene van Syd (1946–2006)

Jaco Fouché 2015-03-23 "Eendag sal jy teen dagbreek regopsit
En die slapers na hulle waak aantref."
Top