In Memoriam: Mark Behr

  • 0
Lees ook:
Spoke om die lyf en die teks: Mark Behr praat prontuit
Ricardo: die sanger, en die tyd waarin hy geleef het

Om iets oor my en Mark Behr se samewerking aan sy eerste boek te skryf, is nie so maklik soos dit klink nie. Plaaslik word daar nog sterk klem gelê daarop dat hy as student ’n spioen was vir die veiligheidspolisie. ’n Verraaier, dus, een wat vriendskappe liederlik misbruik het en verdien het om selfs na sy heengaan verguis te word.

Die mens wat ek vir die eerste keer ontmoet het by die beraad van die Afrikaanse Skrywersgilde by Klub Mykonos aan die Weskus in die vroeë jare negentig, was welsprekend en intelligent. Dit was die jaar toe IDASA die Afrikaanse Skrywersgilde se byeenkoms  geborg het en die eerste klemverskuiwing plaasgevind het: Baie van die referate is aangebied in Engels. Dit was ook die jaar toe die eerste exiles begin terugkeer het uit die buiteland, mense soos die digter Keorapetse (Willie) Kgositsile. Wie sal vergeet hoe oorstelp hy en Jeanne Goosen was om mekaar vir die eerste keer weer te sien na hulle eerste aanvanklike ontmoeting in Dakar in 1987? Hulle het mekaar lank vasgehou met trane wat onbevange oor Willie se wange geloop het. Aan daardie ontmoeting was daar nie ’n sweempie geveinsdheid nie. En tog is daar in die Afrikaanse media lank gespot – nie goedig nie - oor die emosie wat Afrikaanse skrywers wat die beraad in Dakar bygewoon het, ervaar het.

So is ons nou maar eenmaal. Verdeeld by Bloedrivier, verdeeld in demokrasie.

Mark was die organiseerder van die Skrywersgildebyeenkoms, iets waarin hy uitgeblink het. Ná ete een aand het ek met hom gaan gesels en my voorgestel as uitgewer van Afrikaanse boeke. Hy lees  nie Afrikaans nie, hy wurg aan Afrikaans, het hy gesê, dat hy net Antjie Krog se boeke kan lees.  Dit was vir my ironies dat iemand wat soveel moeite gedoen het met die Afrikaanse Skrywersgildeberaad nie Afrikaans lees nie. Daar was toevallig ’n kopie van Ons is nie almal so nie in my tas en ek het dit die volgende dag saamgeneem na die konferensiekamer, hom uitgedaag om dit te lees en te sê dit roer nie íéts in hom nie.

In die middel van daardie nag was daar ’n dringende geklop aan die kamervenster van die kalifa (soos dit genoem is by Klub Mykonos) waar Marietjie Coetzee en ek oornag het. Dit was Mark. Daar is daardie nag nie weer geslaap nie. Mark wou ook skryf. In Afrikaans.

As hy so goed kan skryf as wat hy praat, sal ek dit uitgee, het ek belowe. Ons het spoedig begin korrespondeer en nie baie lank daarna nie, bring hy vir my die eerste manuskrip van Die reuk van appels. Dit was ’n moeilike tyd vir ons albei. Mark het my vertel dat sy hande nie skoon was nie. Dat hy worstel met dinge uit sy verlede waaroor hy diep berou het, maar dat hy homself nog nie so ver kon bring om dit te beken en openlik daaroor te praat nie, ook nie met my nie. Kan jy tronk toe gaan daarvoor, het ek hom gevra, hoe bekommerd moet ek wees? Dit gaan oor politiek, het hy gesê, en dat hy “skoon moet kom” daaroor, maar dat hy nog tyd nodig het om homself te pantser vir die teleurstelling en verwerping wat daarmee gepaard sou gaan. Eers jare daarna, in 1996 en na ’n geruime tyd oorsee, het hy gaan getuig by die Waarheids- en Versoeningskommissie oor sy optrede as student – en verskoning daarvoor gevra.

Skaars ’n paar dae nadat Mark die manuskrip vir my gegee het, het hy vertrek na Oslo in Noorweë, waar hy verbonde sou wees as navorser en lektor aan die International Peace Research Institute. Dit was winter daar, met net ’n paar ure son per dag. Donker dae vir hom, in alle opsigte. Op my beurt was ek ’n vrou wat kort na die stigting van Queillerie haar enigste dogter aan die dood afgestaan het, dis dus verstaanbaar dat ons aanvanklik nie ’n maklike pad saamgeloop het nie. Maar ons het deurgedruk met mekaar, iets waaroor ek nog nooit spyt was nie. Daar staan dit na al die jare nog op die boekwinkelrakke, Die reuk van appels, Mark se debuut. Nou reeds vertaal in nege tale.  

Die Mark wat ek in die jare daarna beter leer ken het, was ’n gewer, iemand wat toegewyd was aan sy loopbaan as professor in letterkunde by Rhodes Gollege in Memphis, Tennessee, sy studente en veral aan sy familie en vriende, dié wat dit in hulle hart kon vind om hom te vergewe. So swaar soos dit vir hulle moet wees om na soveel jaar opnuut die fel kritiek teen hom te moet verduur – iets wat ’n mens op ’n ander vlak moet kan verstaan – so helend moet dit vir hulle wees om nou ook die uitstorting van respek en liefde overal vir die man wat hy geword het, gade te slaan.   Inskrywings op Facebook soos dié van ene Alex Dileo gister, met foto daarby:

Tonight, we celebrated the life of our beloved professor, mentor, and friend Mark Behr. We shared stories of times he made us laugh with his outrageous comments, times he pushed us to be better writers and thinkers, and times he personally invested in our lives. We are better people because we knew you, Professor Behr. (Not pictured are dozens of other students who came to celebrate him. It was a wonderful group.)

Die reaksies op die plasing is eweneens verhelderend. In die woorde van ene Lynn Joffe:  How amazing. We are communing. It is a worldwide whirlwind of grief.

markbeher_memoriam1

Toe ek in 1995 besluit het om die tuig neer te lê by Queillerie Uitgewers, kry ek by Frederik de Jager ’n geskenk in die vorm van ’n gedrukte boek, Hettie de la Queillerie, met ’n skildery van Piet Grobler op die omslag. Onder die 17 bydraes van hooggewaardeerde skrywers was daar een van Mark wat ek vandag vir die eerste keer hier met ander deel. Dit spreek boekdele. Nie van my nie, van hom, van die mens wat hy op pad was om te wees.

Me, Elizabeth Catherina Johanna Crous and Georgia O’Keefe

Mark Behr

after all these years of fumbling at you
in self-congratulatory poetry
about your being a jolly barefoot kitchen chicken
I at last imagine something of our mirror
exhibited here in a two-storey gallery
near the white marbled male monuments citadel found
by the fathers where power unbridled in potent pentagons
labyrinths shines from black-stone blood memorials

ahead I never can again write in those deflecting diminutives of old, but your name extended – filling out all three initials unbutchered dutch maiden name as benefits your African veins could-be queen of queens in the company of the like – stakes its claim at the outset of your poem, yes, beloved, I’ve come face to face with us in these paintings photographs fathoming the unseen depths of poppies and the strong bow of the artist’s nose in your abundant hair fingers agile through years of practice

you need not witness the little white crosses to guess the tale of my name had I died soldiering my way through some portuguese colony the living proof of drinking your breasts dry sapping your heart to drought as you stooped over that ironing-board refusing a servant in times we had no money: “no queers and kaffirs in my house.” I smell the steam as your clean hands sprinkle from the enamel jar, folding underpants lovingly while your handsome husband whored openly mastering the eloquence of both silence and suave insurance-broker sales talk and when after fifteen years his abandon began – at least awaiting my puberty leaving us the green couch and the smudged memory of kilimandjaro – his last hurrah the oiled thighs of a young slut discarding you where you stood destroyed clothed only in your terror over the boiling pots while the kitchen god smirked from the window sill where he sat vigil in the sun amongst your purple violets and I ran out into that sunday’s lifeless streets wept swearing never to love

to understand my poem you have neither to see this gallery nor the assertive strokes her hands left charting an empire no man had dared knowing they failed to stop her to see you have neither the statues nor the bereaved tourists carrying posies to the wailing wall, but to write my poem, I, m’other, have had to travel far only to begin the un-covering discovering mirrored flipside of us and so, if today you are battle-weary though a little less alone and a little less terrified – having learnt to type – and should reinforcements be required be free to command your only begotten son and his black boyfriend to bear you arms compliant as brushes in your war of invisible paintings

  • Die verwysing in die eerste deel na ’n "jolly barefoot kitchen chicken" sinspeel onder andere op ’n destydse rubriek in Beeld van ’n gesiene kritikus wat Queillerie ’n "tuisnywerheid" gedoop het.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top