In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
In memoriam: Jannie Earle
2016-10-14"Hy het indringende mensekennis gehad en kon mense se motiewe in moeilike situasies raak opsom. Hy was trouens ook van plan om hom ná sy aftrede by die Taalraad opnuut toe te wy aan traumaberading, wat vir hom ‘n eerste liefde was."
Huldeblyk: Jannie Earle, Taalraad-sekretaris
2016-10-14"Jannie Earle was 'n toegewyde amptenaar van die Taalraad wie se gelyke ons moeilik sal kry as dit kom by werkywer en opoffering."
In memoriam: Otto Jaekel Liebenberg (16 Augustus 1950 – 24 September 2016)
2016-09-27"Teen 1987 word hy, nadat Nienaber afgetree het, die nuwe kurator van die museum. In hierdie hoedanigheid het Liebenberg letterlik ’n leeftyd in diens van die wêreld van die Afrikaanse boek gehad."
In memoriam: Bonaventure Hinwood, OFM (1930–2016)
2016-09-14"Diegene wat die voorreg gehad het om hom as priester, digter en/of persoonlike vriend te ken, se lewens is aangeraak deur sy geloof, sy sagmoedigheid, sy goedheid en goedgesindheid teenoor alle mense, en deur sy formidabele intellek."
Kô lat ons sing Adam Small
2016-07-21"Small se huldigingsgeleentheid is gekenmerk deur gelag, sang en dans. 'Laat dié vermoë vir jou ʼn skild word teen die bitterheid,' skryf hy voor in sy digbundel Kitaar my kruis wat hy opgedra het aan Jannie wat alreeds lag."
NB-Uitgewers: Margaret Bakkes oorlede (1931–2016)
2016-07-04"Dit was vir NB-Uitgewers ’n voorreg om oor baie jare Margaret Bakkes se werk te kon publiseer, en ons treur oor haar heengaan."
Ere aan Adam Small
2016-07-01"Vir dit sal ek altyd vir Small vereer. Hy was ‘n voorstander van Kaaps, maar deur sy onverskrokke aksies het ek geleer om ‘n voorstander te wees vir mý Afrikaans. Hy het my onbewustelik geleer dat my Afrikaans aanvaarbaar is – néé, eintlik het hy my geleer dat my Afrikaans kwaai is, dis ntja!"
Shirmoney Rhode bring hulde aan Adam Small
2016-07-01"Soes ‘n Adam aan die begin van al’ie nasies
het jy spasie gemaak vi ‘n taal.
‘n Standaard.
‘n Bolands.
‘n Kaaps.
Afrikaans met al sy gesigte."
Adam Small: Michael le Cordeur deel spesiale foto's
2016-06-30"Hy was inderdaad een van die drie grotes. Hy was my mentor."
Adam Small – só onthou ek een van ons grootste digters
2016-06-30"Met hartseer, maar met groot dankbaarheid neem ons afskeid van jou."
Taalraad: Vaarwel, Adam Small, vriend, mentor en gemeenskapsbouer
2016-06-28"Wat hom so besonders gemaak het, was die eenvoud waarmee hy die komplekse kon verwoord. Die slotwoord oor sy waarde vir die Afrikaanse taal en sy mense is nog lank nie geskryf nie."
Skrywer Wille Martin is oorlede
2016-06-27"Wille Martin is op Saterdag 25 Junie 2016 oorlede. Sy was 81."
Adam Small kô hystoe
2016-06-26"Suid-Afrika en Afrikaans het een van sy grootste seuns verloor. Adam Small is dood. Lank lewe Adam. Lank lewe Afrikaans."
PEN Afrikaans: Huldeblyk aan Adam Small
2016-06-25"Sy afsterwe laat nie alleen 'n groot leemte nie, maar ontneem ons literêre toneel van 'n minsame, trotse figuur."
SA Akademie: Adam Small se skielike heengaan
2016-06-25"Sy oorlye is ’n groot verlies vir die Afrikaanse literêre en vir Afrikaans as taal."
ATKV: Adam Small is oorlede
2016-06-25Dalk was dit die “bitter strewes” van ander wat hom so seergemaak het dat stilte sy enigste antwoord was, maar Adam Small was te alle tye “van die haat ontdaan”.
By die afskeid van Winnie Rust
2016-05-20"Winnie Rust laat 'n sigbare leemte, maar sy laat 'n veel groter nalatenskap."
Winnie Rust se dood dompel literêre gemeenskap in rou
2016-05-13"Die dood van die Wellingtonse skrywer Winnie Rust het die literêre gemeenskap in rou gedompel, sê Marga Stoffer, uitgewersbestuurder by NB-Uitgewers."
In memoriam: Winnie Rust (14 April 1939 – 11 Mei 2016)
2016-05-12"Haar plek in haar huis en haar dorp en in ons literêre wêreld is leeg, maar die herinneringe en haar boeke – dit bly."
