In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Dene Smuts: ook die joernalis wat ‘n verskil wou maak
2016-04-26"Ek kan my nie uitlaat oor Dene Smuts se politieke loopbaan nie, maar as joernalis van die tagtigerjare besef ek nou weer hoe maklik mens in hierdie tyd van Guptaïsme kan vergeet hoe onstuimig dit toe was en hoe die politiek van die dag gelei het tot ‘n onhoudbare posisie vir baie Afrikaanse joernaliste en redakteurs."
In memoriam: Koos Human onthou Leon Rousseau
2016-03-03" ...vir my was ons samewerking en vriendskap vervullend en betekenisvol."
In memoriam: Anton Prinsloo
2016-02-24"Ek hoop nie ouderdom of Alzheimers ontneem my ooit die herinneringe aan Anton nie, want my lewe is breed verryk deur sy kollegialiteit en kennis, sy vriendskap – trouens, sy hele menswees."
ATKV bring hulde aan Anton Prinsloo
2016-02-24"Ons eer die nagedagtenis van iemand wie se lewenstaak dit was om nie net die hoëfunksies van Afrikaans in stand te hou en uit te bou nie, maar ook die vreugdes, humor en interessanthede van die taal vir elke liefhebber van die Afrikaanse taal laat leef het."
Liewer begrafnis as troue
2016-02-10Jean Oosthuizen deel herinneringe aan die viering van Cas Bakkes se lewe die afgelope naweek in die Paarl.
In memoriam: Pieter Herman Kapp
2016-01-20"Pieter Kapp was benewens gesinsmens en befaamde historikus, volledig mensch." Christo Viljoen het die volgende huldeblyk by Pieter Kapp se gedenkdiens gelewer.
'n Droewe dag vir die spinnekoppe van Mars
2016-01-13"Ons het David Bowie al dansend gevolg, soos die kinders van Hamlin die magiese rottevanger gevolg het, waarheen hy ons ook al wou lei."
Chris Barnard gegroet
2016-01-08Op Woensdag 6 Januarie 2016 is afskeid geneem van Chris Barnard tydens ’n gedenkgeleentheid by die huis wat hy en Katinka Heyns op Onrus gedeel het.
In memoriam: Rus in vrede, Chris
2015-12-30"Chris kon 'n storie uitdink op die ingewing van die oomblik (soos 'n gewone mens 'n leuen), dis hoekom sy 'Chriskrasse' nie essays is nie, dis propvol stories. Dis ook hoekom hy opdragwerke kon lewer wat dan hoog aangeprys en selfs bekroon is."
Vir Randall Wicomb: 'n Huldeblyk
2015-12-28"Ons huldig ’n groot man met ’n groot stem omdat sy talent nie onder die maatemmer gebly het nie, maar omdat hy dit onselfsugtig gedeel het met enigiemand wat wou luister na die stem wat nie gou gaan stil raak nie."
Chris Barnard 15.7.1939–28.12.2015
2015-12-28Die gevierde Afrikaanse skrywer Chris Barnard is vroeg Maandagoggend 28 Desember in Pretoria oorlede. Hy was 76 jaar oud.
In memoriam: Bertie du Plessis
2015-12-23"Bertie du Plessis is op 17 Desember 2015 na ’n kort siekbed aan kanker oorlede."
Drikus "Brixton" Barnard: Toe klim ek ook op die bandwagon
2015-12-22’n Verslag oor ’n road trip saam met die Brixton Moord en Roof Orkes STRAB toe – Mei 2007.
Uit die argief: Twee jaar ná die afsterwe van Nelson Mandela
2015-12-07Nelson Mandela is op 6 Desember 2013 oorlede. Lees hoe LitNet aan hom hulde gebring het.
In Memoriam: Mark Behr
2015-12-03"As hy so goed kan skryf as wat hy praat, sal ek dit uitgee, het ek belowe. Ons het spoedig begin korrespondeer en nie baie lank daarna nie, bring hy vir my die eerste manuskrip van Die reuk van appels."
Ricardo: die sanger, en die tyd waarin hy geleef het
2015-11-28"Maar toe kom die (onheilige?) drie-eenheid van democracy en majority rule en national demographics en só het ons stelselmatig van die medialandskap begin verdwyn, randfigure geraak, gemarginaliseer deur die nuwe magshebbers en die vasklouers aan die ou orde, en het ons byna uitsluitlik in die poniekoerante te lande gekom."
Nelle Dreyer: 'n Ster verskiet
2015-10-21"Wie kan die gelaaide oomblik en uitspattige gejuig vergeet toe sy as Sjampanjenooi voor die skare op Coetzenburg uitstap."
Breyten Breytenbach bring hulde aan Tienie du Plessis
2015-10-13"Wat ek wel weet en baie sterk oor voel, is dat hy een van die heel weinige uitgewers was wat met integriteit en lojaliteit bly werk het as alternatief tot die hegemonie van die polities korrektes – of dit nou politieke ortodoksies of die dwingelandy van groot, monopolistiese maatskappye was."
In Memoriam: Frank Martinus Arion (1936-2015)
2015-10-08"Arion wilde altijd nog die ene grote roman schrijven over die moeder, dat grote voorbeeld, de mythe in zijn leven. Het is er niet van gekomen."
