In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

André P Brink se afsterwe

Ampie Coetzee 2015-02-09 "Dit het alles by Brink begin, en uitgekring tot 'n verset teen 'n hegemonie. Daardie verset het saamgehelp om 'n einde aan apartheid te bring. En om te bewys dat die boek, die ernstige betrokke boek, die mag het om politieke magte te ondermyn."

In Memoriam: André Brink

Carole Blake 2015-02-09 "Meeting him gave me a dear friend. Losing him is painful. Something I share with so many. Raising a glass to you now in London, dear André, friend for 41 years."

Huldeblyk: Steward van Wyk oor André P Brink

Steward van Wyk 2015-02-09 "Met die afsterwe van André P Brink het die Afrikaanse letterkunde ’n reus verloor. Op ’n aantal vlakke het Brink se skryfwerk my lewe geraak en ’n blywende indruk gelaat."

Postume blik op een veelzijdig oeuvre

Yves T'Sjoen 2015-02-09 "Bijna dag op dag twee maanden na de plechtige uitreiking van het institutionele eredoctoraat aan Breyten Breytenbach in Gent ontving André Brink, die andere "Sestiger" en icoon van de Zuid-Afrikaanse literatuur, op maandag 2 februari de titel van doctor honoris causa van de Université Catholique de Louvain-la-Neuve."

Leedwese aan die US oor dood van André P Brink

2015-02-09 "Hy was ’n gulhartige en vrygewige skrywer en akademikus wat nooit suinig met sy kennis was nie."

Afrikaans armer sonder André

Jacques van der Elst 2015-02-08 Die Afrikaanse Taalraad bring hulde aan een van Afrikaans se belangrikste skrywers.

Huldeblyk: Chris Barnard oor André P Brink

Chris Barnard 2015-02-08 "Vir my is hy as ’n vriend onvervangbaar – vir Afrikaans is sy dood die einde van ’n merkwaardige pad."

Huldeblyk: PEN Afrikaans oor André P Brink

Kerneels Breytenbach 2015-02-08 "Brink was 'n skrywer wat alles in die stryd gewerp het vir sy mede-skrywers, 'n meer regverdige, nie-rassige Suid-Afrikaanse samelewing en die reg op vrye uitdrukking."

Huldeblyk: André Philippus Brink 1935–2015

Godfrey Meintjes 2015-02-08 "Sonder sy monumentale bydrae sou die Afrikaanse literêre landskap veel anders gelyk het en oneindig armer gewees het."

Die Katolieke Universiteit Leuven | UCL betoon eer aan ’n uitsonderlike man

2015-02-08 Naòmi Morgan vertaal die huldeblyk van die universiteit wat enkele dae gelede 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken het: "André Brink neem afskeid van ons ..."

Amptelike redes vir eredoktorsgraadtoekenning aan André Brink

2015-02-08 Hier is die Katolieke Universiteit Leuven | UCL se redes waarom 'n eredoktorsgraad aan hom toegeken is (erkenning: Isabelle Decoster; vertaling: Naòmi Morgan).

Toespraak tydens die eredoktorsgraadseremonie van André Brink

Martin Buysse 2015-02-08 "Weerstand bied. Om teenstand te bied teen die gebruik van geweld, om te opponeer, te stry, jouself te verdedig. Teen alle mag kan weerstand gebied word, alle sisteme kan geopponeer word, enige orde kan ’n reaksie ontlok, hetsy om dit te beveg of dit te verdedig."

André P Brink (1935-2015)

Peter Horn 2015-02-07 "I still remember how impressed I was, when he as the only one among us answered all the questions in flawless French."

André Brink's speech at the Université catholique de Louvain

2015-02-07 The last speech of André Brink can be heard here.

By die dood van Reinet Nagtegaal

Jeanne Goosen 2014-12-18 "Ek tik: jy is weg. Hierdie nommer sal ook verdwyn. Dis die enigste nommer wat ek uit my kop uit ken."

’n Drink op fabulousness – ’n huldeblyk aan Reinet Nagtegaal

Marlize Hobbs 2014-12-18 "Die huis van die weerbarstige siele en die huis van die ongeërgde skrywer en die huis waar Reinet ma, skrywer, profeet, regsgeleerde, geliefde, vriendin en alles-en-nog-wat was, is stukkend."

Reinet Nagtegaal kan vlieg, sê Delores

Deborah Steinmair 2014-12-16 "Daar is ’n gapende gat in die breiwerk van die Kaap; ’n hele spul steke is laat val. Reinet Crouse-Nagtegaal; regsgeleerde, kunstenaar, lewenskunstenaar, filosoof en onstuitbare hedonis, is vort na haar voorvader toe."

Só onthou ek Charles Fryer

Ellen Botha 2014-11-26 "En nou het hy ook 'n bietjie gaan skuinslê. Vir oulaas. Ek is dankbaar vir al die aangename lees- en luisterervarings wat Charles op my pad gebring het."

“Hoe sal mens ’n ander, jouself ooit bevry?”: Herinneringe aan Charles Fryer

Danie Botha 2014-11-17  Danie Botha deel sy herinneringe sedert studentedae van Charles Fryer.

Charles Fryer: 1946–2014

Annari van der Merwe 2014-11-17 "Soms was daar ’n stuitige gelag te hoor uit die fiksiehoek, ander kere weer ernstige argumentasie, want uitgeebesluite is nie ligtelik geneem nie. Al wat min of meer in oorweging gebring is, was die meriete van ’n manuskrip, of die uitgee daarvan so noodsaaklik was dat dit die afkap van ’n boom regverdig het."
Top