Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud

Naomi Meyer, Olga Leonard Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-09

Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?

Naomi Meyer, Zorada Temmingh Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-03

"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."

Die program van die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024 en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-08-29

Liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde sou hulle op Vrydag 20 September in Cradock wou bevind. Die Etienne van Heerden Veldsoirée begin daar om 10:45. Nathan Trantraal sal, as deel van die Veldsoirée, net na 11:00 die eerste voordrag van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad lewer. En om 09:00 begin die ATKV-Skryfskool.

Lara Foot’s Othello at the Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Angelique Filter’s review

Angelique Filter Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-08-27

"It is not simply a tragedy of love and jealousy. The roots of this tragedy lie far deeper, in the dim parts of our subconscious, where we have buried the remnants of the guilt, pain and fear embedded in our colonial past."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Cintaine Schutte oor ’n Begin

Naomi Meyer, Cintaine Schutte Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-08-26

"Mens moet vertrou in die repetisieproses en al die rolspelers. Dat jy jou beste moet doen en dan oorlaat aan die teatergode."

Fietsry vir dommies by die Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Eldon van der Merwe

Naomi Meyer, Eldon van der Merwe Teater 2024-08-23

"Fietsry vir dommies laat ons toe om vir ’n oomblik ’n toeskouer te wees in die lewe van iemand wat almal dalk nie elke dag mee in kontak kom nie, al is dit die realiteit van baie mense in ons onmiddellike omgewings." Eldon van der Merwe se eenmanproduksie Fietsry vir dommies is Donderdag, 29 Augustus by die Welgemoed Kunstefees.

Persverklaring: Vyftien nuwe teksvoorstelle te sien by die negende Teksmark

LitNet KKNK 2024-08-23

Meer as 100 nuwe teksvoorstelle is vir vanjaar se negende Teksmark ontvang, waarvan 15 vir Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad gekies is. Hier word skrywers se teks-idees op 4 en 5 September as leesteater in die Baxter-teater se Concert Hall aan voornemende beleggers in die teaterbedryf voorgelê. 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Skatkis vol stories – ’n onderhoud met Danneline Ramsden

Naomi Meyer, Danneline Ramsden Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-08-23

"Ek is baie lief om Namawoorde te gebruik in my produksies. Dit gee my die geleentheid om mense bloot te stel aan die taal. Een van my gunstelingwoorde is 'xhoulag' wat beteken om diep en uitbundig uit jou maag uit te lag. Ons gaan lekker xhoulag en wie weet dalk ’n traantjie of twee pink."

Press release: WOMAD South Africa – 1 to 13 October 2024

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-08-21

WOMAD SA returns to South Africa for its 3rd edition: Concert-goers can look forward to Sonography: Stories in roots and blues at Toyota Stellenbosch Woordfees on 2 October, followed by a special Desmond Tutu united 4 humanity concert – featuring Ladysmith Black Mambazo, PJ Powers and several world music acts – in Cape Town on 4 October. They will then perform in Johannesburg from 9 to 13 October.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet Boeke en skrywers 2024-08-20

Daar is talle onderwerpe wat skadu’s oor die literêre landskap gooi. Dit is waarom LitNet, in ons 25ste bestaansjaar, weer ’n skrywersberaad gaan hou. Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad begin tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock op 20 September 2024 met ’n reeks lesings en sal aanlyn verder gevoer word. Die beraad sal waarskynlik tot in 2025 duur.

Lara Foot’s Othello at the Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Merwe van Gent’s review

Merwe van Gent Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-08-19

"Lara Foot’s direction in this adaptation of Othello expertly weaves historical context with Shakespeare’s text, creating a multilayered narrative that speaks powerfully to contemporary issues. Foot’s directorial choices highlight the insidious nature of colonialism and racism, using these themes to deepen the emotional and psychological complexity of the characters and their interactions."

Persverklaring: Vier Ingrid Jonker "saamsaam" by vanjaar se Tuin van Digters-fees op 13 en 14 September in Wellington

LitNet Feeste 2024-08-16

Die 13de Tuin van Digters-digfees vind op Vrydag 13 en Saterdag 14 September by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas. Lees hier meer oor die feesprogram.

Engelse boekfees oor selfpublikasies nou ook Afrikaans

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2024-08-15

"Sowat 30 selfgepubliseerde skrywers het vanjaar oor hulle werk gesels by die fees wat op verskillende plekke in die Helderberg aangebied is. Die fees was versprei oor ongeveer 16 venues wat gewissel het van plaaslike kroeë, restaurante, wynplase, klubs tot koffiewinkels in Gordonsbaai, Somerset-Wes en die Strand, asook die Golden Eye- en Drama Factory-teater."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Stap in Idasvallei

Naomi Meyer, Eon Hendrikse Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-08-13

"Vandag skep ons werk vir meer as 15 mans en vroue in die gemeenskap en het ’n fietsryprogram met meer as 30 jong kinders wat deel daarvan is."

Persverklaring: Ingrid Jonker by Tuin van Digters gehuldig

LitNet Feeste 2024-08-09

Die digter Ingrid Jonker, wat op 19 September 1933 gebore is en nou 90 jaar oud sou wees, is die digter wat vanjaar by die 13de Tuin van Digters in Wellington gehuldig sal word.

20 tot 22 September: Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-08-08

Drie dae van gesprekke in die grootse Karoolandskap wag op diegene wat van 20 tot 22 September 2024 die Etienne van Heerden Veldsoirée te Cradock sal bywoon. Soos verlede jaar vind die ATKV-skryfskool tydens die Veldsoirée plaas. Skryfskooldeelnemers sal weer gratis toegang tot alle gespreksessies tydens die Veldsoirée kry.

Persverklaring: Net een kans om Ruhan du Toit by Aardklop te sien!

LitNet Aardklop 2024-08-05

Die gehoor kan uitsien na Ruhan du Toit se vieroktaafstem en uitgebreide repertoire – waaronder sy roerende weergawe van Simon & Garfunkel se "The sound of silence", asook sy eie "Monumentaal" en "Shivers" wat hy oor die laaste 30 jaar opgebou het. Die vertoning vind op 28 September plaas – onthou, hy tree net een keer op by vanjaar se Aardklop, maak dus seker jy’s daar!

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Saartjie Botha

Naomi Meyer, Saartjie Botha Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-07-26

"Ons speel met oorgawe, oral waar ons kan, behalwe tweede viool en parte speel. Ons wou ’n tema kies wat ligter voel – daar is genoeg ander sake om oor bekommerd te wees. Speel vra oorgawe en medepligtiges, en daarvan het ons oorgenoeg by die fees. En dan het ons natuurlik kunstenaars wat hulle harte gaan uitspeel."

Persverklaring: Aardklop se gawe gesinspromosie gee die geskenk van gehaltetyd

LitNet Aardklop 2024-07-25

’n Gedeelde teaterervaring is ’n kans vir gesinne om gehaltetyd saam deur te bring. Maar o wee, dit kan nogal ’n duur storie raak! Daarom bied Aardklop vir slegs een dag ’n spesiale gesinspromosie. As jy wag tot Vrydag 26 Julie om kaartjies te koop, kry jy ’n lekker 30%-afslag. Vind hier meer uit watter teaterproduksies wat vir die gesinspromosie geldig is.

Press release: Call for Submissions for the 2025 National Playwright Competition closing soon

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-07-24

Open to unpublished playwrights who are over the age of 18 and living anywhere in South Africa, the competition calls for scripts, partial scripts or script synopses with a sample of writing in any of South Africa’s official languages.

Top