Persverklaring: Spaar met Suidoosterfees se Valentynsweek-promosie

  • 0

Die Suidoosterfees se 2025-program is hier beskikbaar. Die fees vind van 30 April tot 4 Mei 2025 in Kaapstad plaas.

Wees ons Valentyn en deel jou liefde met Suidoosterfees! Koop tydens Valentynsweek, 10 tot 14 Februarie, twee kaartjies vir enige van die onderstaande feesproduksies en kry 50% afslag op die tweede kaartjie.

Liefdesbriewe (NATi Teaterfees)
Arnold Vosloo en Elsabé Zietsman in ’n aangrypende drama oor die lewe, verhoudings en die onblusbare krag van die liefde, vertel deur ’n reeks briewe wat oor 50 jaar geskryf is.

Koop jou kaartjie hier.

Rondomtalie/Marry-go-around (NATi Teaterfees)

Liefde is nie net maanskyn en rose nie. Kom kyk hoe die terapeut Mahesh probeer om Olivia en Alan se 12-jaar lange huwelik te red nadat sy hom op die kombuistafel betrap het met – wel, kom ons sê maar – iemand wat beslis nie daar moes gewees het nie! Margit Meyer-Rödenbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo skitter in hierdie skreeusnaakse maar ook ontroerende blik op verhoudings.

Koop jou kaartjie hier.

Dance Synergy Volume IV (Dans)

Die Kaap se topdansers vier Internasionale Dansdag met ’n skouspelagtige produksie vol energie en eersteklas-dansbewegings wat jou na jou asem sal laat snak.

Koop jou kaartjie hier.

Mavis mettie marbles (Komedie)
Eers was sy ’n Facebook-sensasie. Toe kry sy haar eie show by die Suidoosterfees. Veronique Jephtas is Mavis vannie Lavis, en sy is glad nie skaam om haar sê te sê nie!

Koop jou kaartjie hier.

Specifically Cathy (Komedie)
Cathy Specific, rou, ongefiltreerd en fabelagtig, neem jou op ’n dekadente skaterlag-reis wat jou mooi laat verstaan waarom mans haar wil hê en vroue haar wil wees!

Koop jou kaartjie hier.

Creating Sarah / Die skep van Saartjie (Musiek)
’n Eenmalige uitvoering deur bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulde aan Saartjie Baartman bring met verskillende interpretasies van Diana Ferrus se beroemde gedig wat daartoe gelei het dat Sarah haar finale rusplek in Suid-Afrika kon vind.

Koop jou kaartjie hier.

Karnaval van die diere – Pieter en die Wolf (Musiek)
’n Betowerende uitvoering van Saint-Saëns se humoristiese musieksuite wat diere uitbeeld, gevolg deur Prokofiev se gewilde sprokie, Pieter en die Wolf. ’n Ewige gunsteling vir almal – maak nie saak of jy 5, 35 of 95 is nie!

Koop jou kaartjie hier.

Katrien, die King en die Kween (Musiek)
Elzabé Zietsman en André Schwartz is ’n egpaar wat vasgevang is in die vervelige alledaagse lewe, totdat die flambojante en geheimsinnige Merv langs hulle intrek … David Kramer sorg vir splinternuwe musiek.

Koop jou kaartjie hier.

Konsert van hoop (Musiek)
Die skouspelagtige openingskonsert van die Suidoosterfees bring sangers, musikante, kore en dansers bymekaar in ’n viering van kuns en die lewe in die Artscape Operahuis. Met Stad Kaapstad se uitsonderlike 60-sterk filharmoniese jeugorkes is hierdie pragtige konsert ’n móét!

Koop jou kaartjie hier.

Omwentelinge, ’n papierspel (Musiek)
Koos Kombuis en Jana Cilliers is saam op die verhoog om jou met ’n unieke mengsel van musiek en woorde te betower. Twee legendariese kreatiewe dromers op hul beste!

Koop jou kaartjie hier.

Sonde met die spoke (NATi Teaterfees)
’n Sekuriteitswag by die Langenhoven-museum in Oudtshoorn word ná donker deur spoke geteister. Marianne Thamm se eerste toneelstuk oor die onheilige waarhede wat ons nie altyd onder oë wil sien nie, met Tinarie van Wyk Loots, Veronique Jephtas en Michelle Burgers.

Koop jou kaartjie hier.

The Good White (NATi Teaterfees)
Dit is 2016, Zuma is aan bewind, korrupsie is die norm, en die born-frees marsjeer deur die strate. Vier uiteenlopende karakters bots in hierdie kragtige nuwe toneelstuk deur Mike van Graan.

Koop jou kaartjie hier.

Kry Suidoosterfees se volledige program by suidoosterfees.com; kaartjies by webtickets.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top