Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Persverklaring: Fiëstas 2025 – hier is die benoemdes

LitNet kykNET Portaal 2025-01-23

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Die benoemdes vir die kykNET Fiëstas vir die feesjaar van 2024 is nou bekend.

Persverklaring: Hierdie vyf word by die 29ste KKNK in 2025 vereer

LitNet KKNK 2025-01-15

Al vyf die vereerdes by die KKNK in 2025 het diep spore in die kunste getrap – twee aktrises, ’n musiekgroep, ’n musiekmeester met wortels op Oudtshoorn en ’n bekroonde visuele kunstenaar. Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, word van 1 tot 6 April op Oudtshoorn aangebied, met ’n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.

 

 

Persverklaring: Stories ingewag vir 10de Woordfeeskortverhaalkompetisie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-12-17

Skryf nou in vir die Stellenbosch Woordfees 2025 se kortverhaalkompetisie – jy wen dalk R30 000. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en "dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale," sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees.

Persverklaring: Feesprogram vir KKNK 2025 bied al die ietse

LitNet KKNK 2024-12-13

"Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, is saamgestel en verpak om in alle kunsvorms en genres, vermaak vir alle ouderdomme in te sluit. Daar is iets vir almal." So sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, wat volgende jaar Dinsdag 1 tot Sondag 6 April op Oudtshoorn aangebied word.

Persverklaring: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-11-22

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is op soek na nuwe tekste van 60 tot 90 minute lank wat teater as medium vir sosiale impak en kohesie verken, en tradisionele beskouings uitdaag en verruim. Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. 

Voces Cordis: ’n onderhoud met André van der Merwe

Naomi Meyer, André van der Merwe Musiek 2024-11-11

"In Suid-Afrika het ons wonderlike diversiteit met verskillende kultuurkomponente. Dit bring ’n opwinding wat aansteeklik is!" Lees wat André van der Merwe oor die Voces Cordis-koor vertel – en vind uit wanneer hulle laaste konsert vir die jaar plaasvind.

Persverklaring: Nuwe kurator van visuele kuns vir KKNK

LitNet KKNK 2024-11-08

Die bekroonde visuele kunstenaar en kurator Liza Grobler is die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns. In 2023 was sy die KKNK se feeskunstenaar en haar uitstalling, Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook haar Droom-installasie in samewerking met die Oudtshoorn ReWOLusie, het aan haar die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding besorg.

Madibaland @ Bookbedonnerd 2024: Geliefdes, kom laat ons lees

Clinton V du Plessis Boeke en skrywers 2024-11-06

"Lank lewe die saliges, dié wat lees, die Bookbedonnerd-familie, want aan hulle behoort die biblioteeksaal op Richmond en die verbeelde Melkweg besaai met verse en stories."

Persverklaring: Uitnodiging om Kersgeskenke aan kinders in die Oos-Kaap te skenk

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Aangesien hierdie leerders uit geïsoleerde omgewings kom met beperkte toegang tot die kunste, bring die Jakes Gerwel Stigting, in samewerking met die Suidoosterfees, ook kinderopvoerings na die skole en bied vakansieprogramme aan met woordspeletjies, kospakkies, gesigverf en meer.

Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-29

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Foto’s: NATi Jong Sterre skitter met voorlesings by New Voices

Jeremeo Le Cordeur Suidoosterfees 2024-10-24

BASA (Business and Arts South Africa) maak mediadekking van die geleentheid moontlik. Jeremeo le Cordeur deel hier sy treffendste foto’s van elke NATi Jong Sterre-produksie wat in 2025 by die Suidoosterfees gaan debuteer.

An interview with Franka Kirby, one of Suidoosterfees’s NATi Rising Stars

Izak de Vries, Franka Kirby Suidoosterfees 2024-10-22

"I can’t thank the leaders of the NATi programme enough for this opportunity they have presented to us."

’n Onderhoud met Nelandi Boshoff, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Izak de Vries, Nelandi Boshoff Suidoosterfees 2024-10-17

"Die proses tot dusver het al my verwagtinge oortref. Én die mense wat jy ontmoet! Jy maak vriende en konneksies vir die res van jou lewe. Maar behalwe dit alles, op die ou einde kan hierdie proses jou lewe net verryk."

’n Onderhoud met Mikyall Harris, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Izak de Vries, Mikyall Harris Suidoosterfees 2024-10-16

Mikyall Harris gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Vannie wal, af, en NATi se Jong Sterre-program: "Hierdie program bied jou die geleentheid om ’n beter mens, skrywer en kunstenaar te word en jy leer waardevolle vaardighede en denkpatrone wat jy vir die res van jou loopbaan saam met jou sal dra."

’n Onderhoud met Diano October, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Izak de Vries, Diano October Suidoosterfees 2024-10-16

Diano October gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Bella van’ie bôl, asook NATi se Jong Sterre-program: "Om dit op te som in ’n sin, ek leer by Lee-Ann hoe om lank te swem sonder om vinnig moeg te word."

Persverklaring: Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-16

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring vernoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig.

Persverklaring: Gratis teater stel Suidoosterfees NATi Jong Sterre bekend

LitNet Suidoosterfees 2024-10-16

Teaterliefhebbers kan Vrydag 18 Oktober die hele dag lank gratis teater beleef en Suid-Afrika se nuwe dramaturge se werk aanskou.

Toyota Stellenbosch Woordfees: Media by die kruispad (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-10

"Beukman sê die kommer vir die media se toekoms lê nie by die hoofstroommedia wat gebonde is aan ’n perskode en persombudsman se uitsprake nie. Dit lê by wat hy noem die fees van die oningeligtes."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Die stoele – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink.  Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vier Panado’s en ’n chardonnay – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Zietsman en haar pianis, Tony Bentel, is treffend mooi in hul skitterende Cabaret-geïnspireerde kostuums. Hulle gemak met en vertroue in mekaar is duidelik en verfrissend. Tegnies is die musiek indrukwekkend. Zietsman se sang is diep, roerend en moeiteloos. Soms doelbewus nie-te-perfek-nie. Skrywer en regisseur Johan Slabbert het ’n ongelooflike teks geskryf wat klassieke treffers met persoonlike stories uit Zietsman se lewe kombineer."

Top