Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Kopreis is ’n lekker boek

Harry Kalmer 2011-10-04  Wanneer jy aan die einde van die boek Gerrit Rautenbach se Kopreis neersit, raak jou eie kop vir ’n paar oomblikke stil.

Kos vir die kenner – ’n prikkel tot die wonderwêreld

Nanette van Rooyen 2011-09-22 Deur al my kinderjare het net twee ikone my kamermuur in die vorm van reuse-plakkate gehaal: Ludwig von Beethoven en C Louis Leipoldt.

Abel se lot bewys Karsten weer eens as een van ons beste misdaadskrywers

Madri Victor 2011-09-21

Met die openingstoneel skep Chris Karsten die atmosfeer vir Abel se lot. Die poëtiese beskrywing van wag-’n-bietjie en frangipani’s, die lug “skoon gewas” na die reën, die “dynsige stoomnewe oor die nat gras in die park” is ’n vals gerusstelling; die leser word, saam met die vlieë, vinnig deur die skoonheid gelei tot by die ontbinde lyk in die parkgronde van die Prince Louis Rwagasore-kliniek in Bujumbura, Burundi.

LitNet Akademies-resensie-essay: Uitbeelding van die mistiek in Die reise van Isobelle

Chris van der Merwe 2011-09-21 As ’n mens ’n studie sou wou maak van Afrikaanse skrywers en religie, 1960-2010, sou Die reise van Isobelle ’n goeie beginpunt wees.

LitNet Akademies-resensie-essay: Skool - Heldhaftige individu, of reaksionêre massa?

Nicol Faasen 2011-09-15 In die Roelandstraat Hotel se kroeg gesels Theo Kemp en Josh Kriel. Theo, ondersoeker van skole se swakhede, wil meer inligting bekom oor onderwysdepartemente se skynbare onvermoë om die infrastruktuur van skole ...

'n Annerster soort se stem is sterk

Jaco Fouché 2011-09-13 Die stem van Thijs Nel se verhalebundel ’n Annerster soort is sterk. Die redigering is goed. Ek het nie ’n enkele drukfout raakgesien nie en die taalgebruik is op die man af, maar keurig. Beskrywings word in kort sinne baie doeltreffend aangewend.

Talia vat grond: Suid-Afrikaanse Chick-lit skop haar babaskoene uit

Madri Victor 2011-09-08 In Britse uitgewershuise loop die gerug dat chick-lit iets van die verlede is. Hulle meen dis oor die muur, voorspelbaar en vervelig – ten spyte van die sterk aanhang wat dit steeds geniet ...

Piekniek by Hangklip 'n seepgladde plesier

Louise Viljoen 2011-09-08 Vanaf die oomblik dat ’n mens op die titelblad van Kerneels Breytenbach se roman Piekniek by Hangklip lees dit is “Die Geskiedenis van die Avonture van Joshua Gumbo en Sonja Griessel. Geskryf in Vae Navolging van Die Styl van Henry Fielding ...

LitNet Akademies-resensie-essay: Alice Miller - Saartjie Baumann en Thomas

Joan Hambidge, Joan Hambidge 2011-08-31 By die lees van Carina Diedericks-Hugo se bekende én suksesvolle Thomas@-reeks word die volwasse leser gekonfronteer met die kind in jouself. Waarom lees ek byvoorbeeld elke jaar ’n Saartjie Baumann of ’n Trompie?

Donkerkamer ingestel op die visuele

Nini Bennett-Moll 2011-08-30 In die nota agter in die digbundel word genoem dat die meeste gedigte in dié bundel tydens ’n graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi is. Botha het voorheen in Nuwe Stemme 4 gedebuteer en aandag getrek as jong digter ...
Top