Madri Victor2013-01-08Ná ander titels, soos Lemoenseisoen en Eendagmooi, het Tafelberg weer ’n chick-lit-boek van Kristel Loots op die rak. Met ’n Hap van die appel kan ’n mens die groei sien: die fokus is minder op die liefdesverhaal, meer op familiedinamiek, identiteit en selfontdekking. En die humor is skerper, en lekkerder, maar steeds kenmerkend van Kristel.
Dewald Koen2013-01-08Met die eerste oogopslag tref Marius Crous se derde bundel, Vol draadwerk, die leser vol in die gesig: dié interessante voorblad van ’n manlike torso gewikkel in doringdraad prikkel dadelik die leser se nuuskierigheid.
Henning Janse van Vuuren, Naomi Meyer2013-01-08Henning Janse van Vuuren se e-boek Tamatiestraat kan gedurende Januarie 2013 gratis afgelaai en gelees word. Hy vertel vir Naomi Meyer van die binnekringe van jeugboekskryf.
Zandra Bezuidenhout2013-01-08Hierdie debuut vorm in verskeie opsigte ’n uitsonderlike toevoeging tot die religieuse poësie in Afrikaans. Waar Sheila Cussons se gedigte vir lesers uit die Gereformeerde kerktradisie ’n venster op die Katolieke geloofsbelewenis oopgemaak het, bring Jacobus van der Riet ’n blik uit die Grieks-Ortodokse hoek.
Ian Glenn2013-01-04"Coetzee’s departure then becomes a symbolic leaving open of a place for new writers and scholars to tackle the burning issues of the new era, issues on which he claims no authority and perhaps for which he takes no responsibility, for which he feels no affinity."
JC de Villiers2013-01-03"Sy uitstekende beskrywing van die aard en werkswyse van die Boere-gevegsmasjien sal vir menige leser ’n openbaring wees. Hierdie eenvoudige sisteem het gewerk, ten spyte van geldige kritiek wat daaroor uitgespreek word en die foute wat begaan is."
Pat Stamatélos2012-12-20"Hy druk twee druiwekorrels teen mekaar, voel die beroering onder sy naeltjie. Hy gaan eendag met ’n vrou trou met sulke groot, sagte borste."
François Verster2012-12-20"Die Toyota se neus druk hy summier tussen die wingerd in en dan dreun die trekker, hooggelaai met druiwe en net een lig flikkerend, verby. Dis oestyd."
Marike Bekker2012-12-20"Die nuus oor die radio is oorweldigend. Niel Amstrong het die historiese eerste tree op die oppervlakte van die maan gegee. ’n Man op die maan! Sy moet die ongelooflike nuus deel."