LitNet-leeskeuses: Vrydag 15 Februarie 2013

  • 0

Corina van der Spoel bied ’n propvol Boeke en Skrywers-uitgawe. Sy gesels met Willie Burger oor die kenmerkende styl van Ingrid Winterbach. Tydens die program bespreek Paul Boekkooi ook die oorgang van boek na rolprent met Life of Pi en Anna Karenina as gesprekspunt. (RSG)

BooksLIVE het berig dat daar ’n nuwe Pieter van In-misdaadverhaal op pad is! Pieter Aspe is die gewildste misdaadskrywer in Vlaandere en Nederland en sy boek Die kinders van Chronos verskyn binnekort.

Sy was die vrou in die skaduwees. Oscar Wilde was getroud nog voor hy in aantreklike jong mans begin belangstel het. Dus, wie was Constance Lloyd, die vrou wat  ten spyte van ’n ongelukkige huwelik ewig aan hom toegewyd was? (The Weekly Standard)

Kyk gerus na die lokprent vir Emilia le Roux se jongste kookboek, Kos as dit knyp: Goedkoop gesond en gou.

 

Laai die video nie? Kyk dit hier.
 

’n Bandopname met die titel The Voice of the Poets in ’n biblioteek deur Larry Don Griffin gevind. Wat dit so spesiaal maak, is dat dit heel waarskynlik deur Thomas Edison gemaak is, en die stemme van Edna St Vincent Millay en William Carlos Williams is daarop. Luister hier na wat klink na die stem van die literêre reus Walt Whitman. Hy lees vier versreëls uit sy gedig “America” voor.

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top