LitNet-leeskeuses: Maandag 25 Februarie 2013

  • 0

Amanda Botha het die voorreg gehad om Suid-Afrika se eerste volwaardige operageselskap, die Eoan-operagroep, se eerste volwaardige opera in die Kaapstadse stadsaal by te woon. Dit was in 1956 en die groep het in 1977 ontbind. Dié onbekende groep van Distrik Ses sou vanjaar hulle 80ste bestaansjaar gevier het. Lees Botha se resensie van die onlangs-gepubliseerde biografie, Eoan - Our Story. (Rapport)

JB Roux resenseer Hamilton Wende se Only the Dead, ’n Burke-avontuur wat dié keer in Afrika afspeel. (Boeke24)

Erika de Beer resenseer Sandsteenpraatjies deur Susan Maré. Die boek bestaan uit 90 essays wat oorspronklik in die streekskoerante Vrystraat en Volksblad verskyn het. (Boeke24)

Die wêreld kan nie genoeg van Jane Austen se Pride and Prejudice kry nie. Om die 200ste bestaansjaar van die gewilde boek te vier, verkoop Brittanje die nasionale posdiens posseëls met illustrasies van al ses Jane Austen se boeke. (The Guardian)

Die digter Staceyann Chin gesels oor haar tuisland Jamaika, homofobie en moederskap. (Huffpost Books)

 

Vrydag se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top