Facebook is die broeiplek van “gruwelgedigte” deur broudigters. Só vertel Marlene Malan nadat prof. Amanda Lourens van die Universiteit Stellenbosch haar verlede week op Versindaba hard en duidelik teen dié “soetsappige gedigte” uitgespreek het. (Rapport)
Verlede week het ons geluister na Fanie Olivier se voorlesing van liefdesgedigte op RSG se Vers en Klank. Vandeesweek lees Tinarie Van Wyk-Loots gedigte uit die vroulike perspektief.
Sy het van die mooiste dagboekinskrywings tot nog toe geskryf en haar liefdesgedigte aan Henry Milner is wêreldbekend. Anaïs Nin is gister 110 jaar gelede gebore. (Brain Pickings)
Dit lyk nie of Hilary Mantel se kritiek teen die Britse hertogin, Kate Middleton, enigsins haar boekverkope beïnvloed nie. Die skrywer van Bring up the bodies se naam lê steeds bo aan Amazon.com topverkoperlys. (thebookseller.com)
Die misdaadskrywer Patricia Cornwell beweer haar finansiële bestuursmaatskappy het haar miljoene uit die sak gejaag toe sy as gevolg van hulle ’n sperdatum vir haar jongste boek misgeloop het. (The Guardian)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Dit lê nou sommaar wes van die program; maar heeeeeelp ☺ asb!
Waar kan ek 'n bespreking/volledige(?) ontleding lees van van Elizabeth Eybers se EK MOES DEUR BAIE PYN OM MENS TE WORD.
GROETE EN DANKIE
LELANI