LitNet-leeskeuses: Donderdag 21 Februarie 2013

  • 0

Die wêreld is dolverlief op Catherine, hertogin van Cambridge, maar Hilary Mantel beskou haar as 'n “winkelpop met geen ander doel as om geboorte te gee aan ’n troonopvolger” nie. Eina! (Boeke24)

Luister na US Woordfees-dinge, meer oor die Nigeriese skrywer Christopher Okagbue en 'n gesprek oor trauma in die letterkunde. (RSG se Skrywers en Boeke)

Tydskrif vir Letterkunde: Dewald Koen resenseer Anne Provoost se Die Arkvaarders.

As 'n Pulitzer-pryswenner se nuwe digbundel die titel The Word on the Street: Rock Lyrics het, is dit net gepas om hom oor sy
gunsteling-rockboeke
uit te vra. (The Daily Beast Book Bag)

Bill O’Reilly van Fox News het pas aangekondig dat hy nog 'n boek by sy Killing-reeks gaan voeg. Sy eerste twee boeke het oor Lincoln en Kennedy gehandel. Die derde boek, Killing Jesus, sal op 24 September in boekwinkels wees. (HuffPost Books)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top