Karakters in ’n boek moet léwe, maar wat gebeur as ’n skrywer dit letterlik opneem?
Snydokter is ’n roman deur Leon van Nierop. Die hoofkarakters is regte mense wat deelgeneem het aan LAPA se hoofkarakter-soektog. Om te kon hoofkarakter word, moes die deelnemers raaisels aanlyn oplos. Die wenners is gekies en die boek is geskryf en gepubliseer.
Leon gaan by die US Woordfees Izak de Vries se vrae beantwoord. Wonder jy oor die grense tussen werklikheid en fiksie? Wil jy iets vir Leon van Nierop vra? Jy kan kommentaar hier onderaan lewer en jou vrae vra. Izak de Vries gaan die lekkerste vrae kies en dit by die Woordfeesgesprek aan Leon stel. Die lesers wat die twee beste vrae stuur, gaan ook elk ’n kopie van die boek wen.
As LitNet vir Leon van Nierop oor Snydokter kon vra, sou die vrae die volgende wees:
- Moes die skrywer die mense deur en deur leer ken om hul karakters in sy storie te kon maak?
- Wat het hom aangetrek tot die karakters wat gewen het?
- Hoe het dit vir hom as skrywer verskil van enige ander boek wat hy al in die verlede geskryf het, waar die karakters hulleself kom opdring het – en dié slag het hy nie ’n keuse gehad as om hulle te gebruik nie?
- Het hy Harper Lee se aanhaling letterlik opgeneem, in die karakters se velle ingeklim en daarin rondgeloop, of het hy besluit hy gee in elk geval sy verbeelding vrye teuels, basta!
Waaroor wonder jy? Stuur jou vrae aan wen@litnet.co.za.
![]() |
Die Hoofkarakter-soektog 9 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R30 by die deur
|



Kommentaar
Leon, maak ek die regte afleiding dat jy met al die karakters in jou kop, 'n baie aktiewe droomlewe het?