LitNet-leeskeuses: Woensdag 20 Februarie 2013

  • 0

Gert van der Westhuizen resenseer François Loots se Rooi Jan Alleman. (Boeke24)

Die bekende Nederlandse digter Alfred Schaffer se poësie is nou in Afrikaans beskikbaar. Kom in, dit vries daar buite is ’n samestelling van Schaffer se gedigte uit vyf van sy bundels, asook ongepubliseerde gedigte. Die vertaling is deur Daniel Hugo gedoen. (BooksLIVE)

Henriëtta Gryffenberg gesels in Beeld oor geërfde vreugdes en waarom dit so lekker is om aan die stuur van sake as toesighoudende vervaardiger van kykNET se dramas te wees.

Het jy al Philida deur André P Brink gelees? Reading Group Center se redakteur, Lexy Bloom, vertel waarom die hoofkarakter een van dié sterkste stemme is wat hy in ’n lang tyd leer ken het.

Die internet het baie skade aan die boekemark regoor die wêreld aangerig, maar hoe bevorder dit die gewildheid van kortverhale? Leslie Kaufman kyk hoe die verhouding tussen die rekenaarskerm en kortverhaal groei en veroorsaak dat groot skrywers soos Tom Perrotta en George Saunders na hierdie genre terugkeer. (New York Times)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top