Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

US Woordfees2015: Mooiloop-kuier

LAPA Uitgewers 2015-02-27  Kom eet en reis saam.

US Woordfees 2015: Pleisters vir die dooies deur Fanie Viljoen

LAPA Uitgewers 2015-02-27  Kom luister na 'n gesprek oor hierdie opspraakwekkende boek.

Elisabeth Eybers (1915–2007)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-25

“Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.” Elisabeth Eybers sou op 26 Februarie vanjaar 100 jaar oud word. Haar skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

Onderhoud met uitgewer Joost Nijsen

Joost Nijsen, Jente Rhebergen 2015-02-25 "Dit blyk baie lastig uitgewers in Suid-Afrika te interesseer vir Nederlandse skrywers. Kennelik is hulle nie so populêr by Afrikaners nie, terwyl andersom Suid-Afrikaanse skrywers érg in trek is in Nederland."

South African Independent Publishers Awards 2015

Darryl David 2015-02-25 Booktown Richmond is proud to announce another first: awards that recognise excellence in the burgeoning field of self-published books in South Africa. Self-published books in both English and Afrikaans are eligible for entry.

Briewe van Andan

Naas Steenkamp Boeke en skrywers 2015-02-25

Naas Steenkamp deel sy besonderse herinneringe en briewe van André P Brink in Parys. "Parys het op net die regte tyd gekom vir sy onklaar vorming, en in presies die regte idioom vir juis sý gemoed."

Kyk wat maak Chris Chameleon nou

Chris Chameleon, Naomi Meyer 2015-02-24 Nie net is hy by die US Woordfees 2015, aan die reis, sing en skryf nie, maar hy bied ook 'n reeks aan op kykNET, waarvan hy in dié onderhoud vir Naomi Meyer vertel.

Kyk noord, gaan voort

Koos Kombuis 2015-02-24 "Ons leef in vreemde tye. Tye van vreemdelingehaat, beurtkrag, parlementêre chaos, bedreigings teenoor die vrye pers, rassisme van alle kleure en geure, plaasmoorde, werkloosheid, toenemende polarisasie en algemene pessimisme. In hierdie tye bring Stef Bos sy eerste volledige Afrikaanse album uit, en hy noem dit Kaalvoet."

Resensie: Die mond vol vuur. Beskouings oor die werk van Breyten Breytenbach

Helize van Vuuren 2015-02-24 Louise Viljoen word beskou as een van die grootste kenners van Breyten Breytenbach en bespreek se oeuvre by US Woordfees 2015 met Francis Galloway. Hier resenseer Helize van Vuuren Viljoen se studie, Die mond vol vuur.

In Memoriam: Augusta Grobbelaar

Danie Botha 2015-02-24 "'n Paar dae gelede, op 9 Februarie 2015, is Augusta Grobbelaar oorlede. In die jare sestig tot die eeuwending (moontlik langer) het sy vir skrywers en die boekredakteurs by Tafelberg-Uitgewers voortreflike diens gelewer as vryskut-proefleser."

Die 100ste geboorteherdenking van Elisabeth Eybers

Ena Jansen Academic research 2015-02-24

"Vandag is dit sover. Elisabeth Eybers is nou nie meer ’n medetoeskouer van ’n vertoon van rou nie, maar die sentrale figuur, dié een gedagvaar om te verdwyn, terwyl ons ander voorlopig nog hier is."

Tien vrae: Deborah Steinmair oor Moestas

Deborah Steinmair, Naomi Meyer 2015-02-23 "Die heel moeilikste aspek was om in die kop van die kindermolesteerder te klim, om sy selfbejammering en selfregverdiging objektief te probeer weergee. Soms sit 'n mens met bonsende hart oor die toetsbord en bewe."

Tien vrae: Jaco Jacobs oor die Professor Fungus-reeks

Jaco Jacobs, Naomi Meyer 2015-02-23 "Onder andere Roald Dahl, Marlene van Niekerk, Stephen King, Paul Jennings, PG du Plessis, Louis Sachar, Jeffrey Archer, Mo Hayder, JM Coetzee, Shirley Jackson, Roger McGough en Jonathan Safran Foer. Hoe’s daai vir ’n eklektiese spulletjie?"

Clover Aardklop bring hulde aan André P Brink

2015-02-20 Baie is die afgelope tyd ná sy dood geskryf oor Brink die skrywer en die verskeie boeke wat as van die beste ooit in Afrikaans beskryf is, maar sy werk vir die verhoog verdien beslis ook spesiale vermelding. 

Ten questions: Stacy Hardy on Because The Night

Stacy Hardy, Naomi Meyer 2015-02-20 "I think all writers have a responsibility to provoke the imagination, to open up new worlds and other spaces and places. It seems to me that this has acquired a new urgency in our global, capitalist world, where the imagination is really under attack."

Cordis Trust: Orde van die Goue Pen 2015

2015-02-19 Diegene wat 'n buitengewone langtermynbydrae tot die bevordering van Afrikaanse woordkuns gelewer het, is vanjaar met die Orde van die Goue Pen 2015 bekroon. Geluk aan Francis Galloway, redakteur van LitNet Akademies (Geesteswetenskappe), vir haar bekroning.

De barmhartigen door Koen van Wichelen

Hendrik-Jan de Wit 2015-02-18 "Maar de aanslagen in Parijs laten zien hoe belangrijk het onderwerp van Koen van Wichelens roman is. Onze vrijheid van meningsuiting wordt voortdurend bedreigd."

Ten questions: Martin Sehlapelo on A Peek Inside a Political Prisoner's Heart

Martin Sehlapelo, Naomi Meyer 2015-02-18 "I will never forget my trip to the island. There was a small round window which allowed a little bit of light and from where I could see the changing colours of the waters which were now covering the glass as the ship was sailing towards the island. From my perspective, we were under the sea, I felt like I was going to drown and die."

Groot jaarlikse skryfkompetisie deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging skop af

2015-02-17 "As jy nog altyd 'n droom gekoester het om 'n skrywer of digter te wees, is hierdie wedstryd vir hoërskoolleerders, studente en volwassenes die gulde geleentheid om jou droom te verwesenlik," nooi Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV).

US Woordfees- en LAPA-gesprek oor die sielkunde van die krimi

2015-02-17 Martin Steyn (Skuldig) en Madelein Rust (Monstersaad), beide skrywers van krimiboeke, albei met ’n sielkunde agtergrond, ontleed die genre saam met ’n derde sielkundige, ST Potgieter, wat krimi’s lees. Hier is nog besonderhede.
Top