Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: JM Coetzee and the Life of Writing deur David Attwell
2015-06-24"The Life of Writing bring die leser effektief en intiem van aangesig tot aangesig met die al skrywende skrywer JM Coetzee."
Tien vrae (en foto's): Wonderboom deur Lien Botha
2015-06-22Lien Botha, visuele kunstenaar, gesels oor haar boek Wonderboom en vertoon foto's van omgewings wat haar gedurende die skryfproses inspireer het.
Nuwe boeke by LAPA: Junie 2015
2015-06-22LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Junie.
“Wat kan ek doen om my kind lief te maak vir lees?”
2015-06-18"Dink aan jou kind se boeke soos aan jou kind se kos. Laat haar toe om soms haar eie kos te kies, al laat dit jou gril of al dink jy dis erg ongesond. Maar leer haar deur jou eie voorbeeld om beter te eet."
Onderhoud: Wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015
2015-06-18"’n Romanskrywer woon in sy verbeelding, kies self sy tydperk, en dáár bestaan geen 'hedendaags' nie. Die leser kyk deur ’n venster na binne; wat hy sien, hang van hom af."
Boekresensie: Solitaire deur Vita du Preez
2015-06-17"Du Preez moes omvattende navorsing vir hierdie roman gedoen het. As jy ’n leek op die gebied van juweelontwerp, boerdery en branderplankry is, sal hierdie roman jou kennis verskerp."
LitNet Akademies-resensie-essay: Ikarus deur Deon Meyer
2015-06-12"Dit is deesdae byna onmoontlik om na 'n speurfiguur te verwys sonder dat kaptein Bennie Griessel as verwysingspunt dien ..."
Die merkwaardige nalatenskap van Jan die Gewer
2015-06-11Jean Oosthuizen het met Pieter Kapp, die skrywer van Nalatenskappe sonder einde, gesels oor die onuitwisbare spore wat Jannie Marais in Suid-Afrika nagelaat het.
Foto's: Protea Boekhuis se Kaapse skrywersfunksie 2015
2015-06-10Protea Boekhuis se Kaapse skrywersfunksie is Donderdagaand by Delvera, Stellenbosch aangebied.
Boekresensie: Die engel en die bont bees deur Johnita le Roux
2015-06-09"Die engel en die bont bees ontgin op alle vlakke."
Boekresensie: Anni Dewani – a father’s story
2015-06-09"Op 8 Desember sou Shrien Dewani as 'n vry man uit die beskuldigdebank in Suid-Afrika stap om na Engeland terug te keer. Die uitgebreide Hindocha-familie, en ook tot groot hoogte Suid-Afrika self, sou verslae agterbly."
Foto's: 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse
2015-06-09Die wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse is Vrydagaand in Kaapstad aangekondig tydens 'n glansgeleentheid in die Hilton Hotel.
Wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse aangekondig
2015-06-05Die wenners van die 2015 Media24 Boeke Literêre Pryse is Vrydagaand in Kaapstad aangekondig. Totale prysgeld van meer as R200 000 is aan die wenners oorhandig.
Resensie: Matriks deur Joan Hambidge
2015-06-05"Matriks behels enersyds die aangrypende naspoor van die uiteenlopende invloede en patrone wat ’n skrywerslewe help vorm het. Andersyds behels dit ook ’n skrywende sinmaak ..."
LitNet Akademies resensie-essay: Eugene de Kock – Sluipmoordenaar van die staat
2015-06-04"Deur Anemari Jansen se boek word Eugene de Kock letterlik weer eens opgeroep om in diens te bly staan van ’n ander stryd wat groter is as hy self, ’n broodnodige proses van versoening en waarheid in die ware sin van die woord."
Ena Murray (1936–2015)
2015-06-04Ena Murray is op Donderdag, 4 Junie 2015, in die ouderdom van 78 oorlede. Lees oor haar omvattende skrywersloopbaan.
LAPA se Romanza is tien jaar oud
2015-06-04LAPA Uitgewers kondig met trots aan dat ons Romanza-klub op 4 Junie 2015 presies tien jaar oud is.
Book review: Everyday Matters: Selected Letters of Dora Taylor, Bessie Head and Lilian Ngoyi
2015-06-03"This book is the work of a critic and scholar of commitment and mature wisdom."
Uit Stasi se oogpunt: Moestas deur Deborah Steinmair
2015-06-03As jy 'n karakter in 'n boek was, hoe sou jy die fiksie beleef wat rondom jou afspeel? Stasi - oftewel Annelie de Wet - die hoofkarakter in Deborah Steinmair se Moestas, verklap háár ervaring.
Boekresensie: Prooi deur Fanie Viljoen
2015-06-02" ... dan sal daar diegene wees vir wie die felheid, die intensiteit van die emosies vreeslik (maar tog so mooi) sal wees – diesulkes wat daardie dramatiese, Angst-gevulde en stomende tydperk tussen adolessensie en volwassenheid sal herken en so 'n ontstellende, onvergeetlike leeservaring sal geniet.
