Geliefde Afrikaanse romans I

  • 3

Deel nou jou geliefde Afrikaanse roman op Facebook.

• Lees Deel II hier. 

cover400

fielasekind400

ambassadeur400

ons400

somer

silbersteins400

anna400

kroniek400

 

  • 3

Kommentaar

  • Helize van Vuuren

    Meer as dit het sy nie nodig gehad om te weet nie; dog in die nag wanneer sy wakker
    lê, het al die dinge wat sy vroeër geken het weer vir haar lewe gekry en is sy vir 'n oomblik verwar deur die rykdom van haar herinnerings; verheug het sy al hierdie vertroude dinge dan weer herken en saggies by haarself hul name opgesê, die krale en pyle en kalbasse en rieme, die uintjies en plakkies, die grassoorte, die bossies, die diere en voëls en hul geroep, die vere en penne, die kloutjies en horings en velle, die wind en die sterre en die wolke gestreep met reën, en al die mense wat sy geken en met wie sy saamgeleef het, het sy dan ook onthou, die vroue wat met hul kinders speel of na mekaar roep waar hulle besig is om veldkos te soek en die mans wat terugkom van rooftog of jag en die stemme van die mense waar hulle feesvier met hul gelag en gesang en geklap van hande in die vuurlig, en verwonderd het sy die woorde wat sy so lank laas gehoor het weer opgevang en herken en verstaan tot die allerlaaste en daarmee uiteindelik aan die slaap geraak in die donker.

    - Slotsin van Verkenning deur Karel Schoeman -

  • Coenraad Walters

    Buys blink nie uit op skool nie.

    Openingsin van Buys deur Arnold Vermaak (Tafelberg, 1999) - my gunstelingopeningsin in die Afrikaanse letterkunde, uit 'n jeugroman wat TOTAAL verskil van Willem Anker se gelyknamige "grensroman" van 2014!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top