Huis Horison soek 'n koördineerder vir die gewilde kermisboekestalletjie

  • 0

Huis Horison op Stellenbosch is tans op soek na ’n koördineerder vir die sentrum se kermis se gewilde boekestalletjie.

Die kermisse is die sentrum se grootste fondsinsamelingsprojekte en vind in Junie en November plaas. Dit moet verkieslik iemand wees wat van boeke, letterkunde en koördinering hou. Boeke word deur die jaar aan die sentrum geskenk en dit moet drie weke voor elke kermis sorteer en georden word. Daar is reeds ’n stelsel in plek en hulp is ook beskikbaar. Ons nooi mense wat graag iets vir die gemeenskap as vrywilliger wil doen en  twee keer per jaar hom- of haarself met boeke wil omring en ’n groep van 4 tot 6 vrywilligers sal bestuur, om met ons kontak te maak.

Huis Horison is ’n residensiële en werksentrum vir volwasse mense wat primêr intellektueel gestremd is.

Skakel, verkieslik voor end-Julie, vir Martie de Lange of Sonja de Klerk by (021) 887 5080 of bemarking@huishorison.org.za indien u belangstel of meer wil weet.

huishorison

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top