Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Onderhoud: Anna Emm oor Die storieverteller se boek
2016-08-24"Ek skryf al my hele lewe lank stories – dis al wat ek wou doen vandat ek kan onthou."
Onderhoud: Hans Heese oor Amsterdam tot Zeeland: Slawestand tot Middestand?
2016-08-17"Slawerny kom as 'n gewettigde stelsel van dwingelandy nie meer voor nie. Tog het persone wat in totale armoede grootword, of in onkunde, nie regtig vrye keuses om uit te oefen nie."
Elsabé Brits oor Emily Hobhouse, geliefde verraaier
2016-08-01"Sy het wêreldleiers beïnvloed. Sy was ook moeilik, taktloos en sonder ‘n wag voor haar mond."
Onderhoud: Valda Jansen oor Hy kom met die skoenlappers
2016-07-19"Dit was nie maklik om mense rondom my doelbewus uit te sluit nie. Maar dit was nodig vir die storie om vorm aan te neem. Dit was nie maklik om deur die muur te breek wat ek oor baie jare sorgvuldig om myself gebou het nie."
Karin Brynard se Tuisland
2016-07-18"Dis die plek wat die grootste emosie by my wakker maak – altyd ‘n bietjie kwaad oor wat ons doen en hoe dit is, altyd ‘n bietjie skaam oor wie en wat ons is, maar tegelykertyd ook trots en dikwels heel verwonderd en selfs ontroerd oor waartoe ons in staat is."
Tien vrae: Anneli Groenewald oor Die skaalmodel
2016-07-01Jou boek handel oor die belang van bewaring. Wat het, volgens jou, ewigheidswaarde? "Dit hang seker maar af van die persoon wat die ewigheidswaarde soek, of ewigheid probeer definieer. Alles is maar aards en sal mettertyd wegkalwer. Die oudste gebou, die laaste verhaal, die skerpste herinnering."
Kristel Loots: Liefde nie net vir jong bloed nie
2016-06-23"Kristel glo dat die muse en verbeelding tweelingsusters is."
Book interview: Ultimate Pregnancy, Birth and Parenting Guide
2016-06-20"Find a trusted source of support and advice, always run everything by your heart, believe that you know best, because it is your baby ..."
Marita van der Vyver oor idees, 'n skryfkamer van haar eie en Dis koue kos, Skat
2016-06-17"Skrywers is die optellers en die bekykers van idees waaroor ander mense elke dag loop."
Tien vrae: Carina van der Walt oor Amalgaam
2016-06-07"Letterlik is amalgaam ’n woord wat tandartse ken, want hulle het in die verlede metaal en kwik vir stopsels gemeng. Amalgameer beteken '(ver-)meng'."
Tien vrae: Rudie van Rensburg oor Pirana
2016-05-27"Ek vind my inspirasie soms uit die kleinste van koerantberiggies."
Ten questions: Carnie Matisonn on Degas' Dust
2016-05-25"I’d like to think that people would be able to identify with all the universal human aspects of my story – starting from humble beginnings, trying to succeed as a musician, deciding what to do with my career, getting married, divorced, starting businesses, nearly going bankrupt, learning to fly aircraft, making a name for myself in the legal profession, and so on. There’s something for everyone in the story ..."
Video: Heilna du Plooy se roman Die taal van been word bekendgestel
2016-04-29Heilna du Plooy se roman Taal van been het pas by Litera Publikasies verskyn. Chris van der Merwe het met haar daaroor gesels by die bekendstelling in Protea Boekwinkel, Stellenbosch.
Spier Poetry Festival: Quick Q&A with Keorapetse Willie Kgositsile
2016-04-28"Poetry celebrates life through the aesthetic ordering of language comparable to the way music does through its aesthetic ordering of sound."
Oscar vs The Truth: Oscar Pistorius se moordsaak ondersoek
2016-04-25Die broers Thomas en Calvin Mollett het pas 'n boek gepubliseer oor die moord op Reeva Steenkamp, Oscar vs The Truth. Jean Oosthuizen wou by Thomas Mollett weet wat maak hulle bevoeg om met soveel gesag oor die moorde te skryf.
Video en foto's: Hans du Plessis se roman Tussen die klippe word bekendgestel
2016-04-21Hans du Plessis se jongste roman, Tussen die klippe, het pas by LAPA-Uitgewers verskyn. Kyk na 'n video van die Stellenbosch-bekendstelling.
Foto-onderhoud: Keina Swart oor Koms van die biblioteekbus
2016-04-19"Naderhand kom jy agter die veiligste plek is in jou eie kop. Jy leer om te luister en te kyk wat die ander doen, want dit is veiliger as om iets te doen of te sê. Jy word die biblioteektannie op elke dorp se beste vriend en lees in boeke van plekke waar dit Kersfees sneeu of van diere soos koalabere en Bengaalse tiere en besluit jy wil ook eendag soontoe gaan."
Tien vrae: Riette Rust oor Vlees en bloed
2016-04-12"Die boek is belangrik omdat dit volgens die Bloedsusters sal help lewens red. Daar is baie raad in oor hoe om misdaad te voorkom. En dit begin by elkeen van ons."
