ATKV-Portaal

atkv

Kulturele diplomasie kan die uitdagings van die samelewing oplos

LitNet ATKV-Portaal 2019-06-25

Hedendaagse uitdagings soos klimaatsverandering en die vlugtelingkrisis in Europa kan deur kuns en kultuur aangespreek word. Só meen die Nederlandse ambassadeur vir Suid-Afrika, Sy Eksellensie Han Peters. 

Persverklaring: ATKV verwelkom Marlene le Roux as direksielid

LitNet ATKV-Portaal 2019-06-03

"Le Roux het ná haar verkiesing gesê dat die ATKV se lede ’n baie belangrike rol speel. Sy het ook beklemtoon dat daar op die jeug gekonsentreer moet word."

Artikels en resensies uit Taalgenoot se Somer 2019-uitgawe

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2019-05-28

Baie dankie aan die Taalgenoot-redaksie wat dit vir PEN Afrikaans moontlik maak om die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Somer 2019-uitgawe hier te deel. Die tema van dié uitgawe is: “Wees bevrees!” Klik gerus op die skakels onder om die artikels en resensies gratis in PDF-formaat af te laai.  

Paula (1907–1996)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-05-07

"Ek is nie verbaas oor die volgehoue belangstelling in my liefdesverhale nie. ’n Mooi liefdesverhaal verouder nie." Lees oor die lewe en werk van Paula in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Malene Breytenbach (1948–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-26

“Die vreugde om gepubliseer te word, is net so lekker, indien nie lekkerder nie, as om graad te verwerf.”

ATKV-Woordveertjies 2019 oop vir inskrywings

ATKV ATKV-Portaal 2019-04-25

Die 2019 ATKV-Woordveertjies word op Vrydag 6 September in Stellenbosch toegeken. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 5 Junie 2019.

Eben Venter (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-17

"Die regte woord op die regte plek is soos ’n kort, vinnige, wellustige soen." Lees oor Eben Venter se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Lina Spies (1939–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-04-11

"By die skryf van gedigte moet jy jou eie stem vind voordat jy jouself met reg ’n digter kan noem. In dié sin is jy as digter onlosmaaklik verbonde aan jou teks, maar jou menswees kan jy nooit ten volle uitsê in jou poësie nie." Lees oor Lina Spies se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Peet Venter (1940–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-02-07

“Die misdaadroman leen hom by uitstek tot vinnige, volgehoue aksie en spanning. ’n Mens moet jou storie ken om dit reg te kry. Jy moet jou leser binne die eerste sin of twee vasvang, en nie weer laat los tot die einde nie.” Peet Venter se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

François Bloemhof (1962–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-01-24

"As skrywer is ek hier om stories te vertel, om mense ’n paar uur uit hul voorspelbare lewe te ontvoer. As mens is ek hopelik hier om ander mense elke nou en dan ’n bietjie beter te laat voel." François Bloemhof se profiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum in nou bygewerk.

Dana Snyman (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-01-10

“Stories is soos brood vir die hart. ’n Mens het stories nodig soos jy water nodig het – as jy ’n betekenisvolle lewe wil lei. Stories is groter as mense.” Dana Snyman se skrywersprofiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

ATKV-Mediaveertjies 2019: skryf nou in!

LitNet ATKV-Portaal 2019-01-03

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2019 ATKV-Mediaveertjies is Vrydag 1 Februarie 2019. Hier is nog inligting.

ATKV-Rieldansfinaal 2018: Foto's en video's

Izak de Vries, Naomi Bruwer ATKV-Portaal 2018-12-14

"Rieldansers van reg oor die land het die afgelope naweek by die ATKV-Rieldansfinaal gedans dat die stof behoorlik staan. Vyf finalisgroepe het in elk van die drie kategorieë deelgeneem."

ATKV-MSW wys nuwe besturende direkteur aan

ATKV ATKV-Portaal 2018-11-08

"Die ATKV het bekend gemaak dat Sonél Brits die nuwe besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) is."

Persvrystelling: Slimkoppe verstom beoordelaars by ATKV-Spelathon

LitNet ATKV-Portaal 2018-10-18

"Leerders van regoor die land het op 12 en 13 Oktober hul taalvernuf by vanjaar se ATKV-Spelathonfinaal by die HB Thom-teater in Stellenbosch ten toon gestel. Een ding was duidelik: Spel kan hulle spel."

Persvrystelling: Al die wenners van die ATKV-Tienertoneelfinaal 2018

LitNet Teater 2018-10-08

Jong voornemende teatermakers het die afgelope week die Roodepoortteater se verhoog warm gespeel, gehore vermaak, ontroer en bekoor om uiteindelik ’n kans te staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal bekroon te word. Hier is die wenners!

In die greep van geweld!

Seymour Bothman SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-10-01

"Geweld in Suid-Afrikaanse gemeenskappe is niks nuut nie. Dié dade van geweld in gemeenskappe spoel dikwels oor na die skole, waar die vetes tussen bendes en dwelmbase voortgesit word."

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

Shirmoney Rhode Seminare en essays 2018-09-20

"Die lesings het my regtig diep laat dink en besin oor Afrikaans en die toekoms daarvan, en dit veral omdat ek as onderwyseres van eerste addisionele taal my eintlik bevind in ’n taaldepressie omdat ek eerstehands sien wat besig is om op skoolvlak met Afrikaans te gebeur."

ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans

Frank Hendricks Menings 2018-09-20

Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Frank Hendricks se toespraak oor Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans.

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

Gerda Odendaal Menings 2018-09-20

Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Gerda Odendaal se toespraak oor die herstandaardisering van Afrikaans.

Top