Maande van harde werk is verby vir die agtien groepe hoërskoolleerders wat sake uitgespook het om as wenner van die ATKV-Tienertoneel 2019 aangewys te word. Die finaal het plaasgevind by die Adam Small-teater in Stellenbosch.
Die wenproduksie is Waterbrief, ʼn eenvroustuk van Hoërskool Noordheuwel (Krugersdorp). Hulle ontvang R30 000, die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee en ’n speelvak tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 2020. Minke Meyer ontvang die toekenning as beste aktrise vir haar spel in Waterbrief.
Lees die volledige nuusvrystelling hier.
ATKV-Tienertoneelfinaal: ’n Fees van tieners, talent en teater



