Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-09-18As jy in graad 8 is, weet jy teen hierdie tyd dat statiese elektrisiteit en ballonne iets met mekaar te doen het. In hierdie gratis NW-oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gaan jy nog meer oefenvoorbeelde ten opsigte van statiese elektrisiteit en ander werk wat julle hierdie kwartaal behandel, aantref. Laai dit af en behaal goeie punte in jou toets!
Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar
2025-09-15Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!
Graad 7: Lewenswetenskappe-toets en memorandum, kwartaal 3
2025-09-09Is jy in graad 7 en leer julle in hierdie kwartaal se Natuurwetenskappe van energie? Maak jou skoenveters vas en hardloop na Rouxlyn Botha se gratis voorbereidingsvraestel en memorandum toe. Nadat jy hard daarvoor gewerk het, sal jou punte van hierdie toetsreeks jou gemoedstemming sommer ’n energieke hupstoot gee.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-09-01Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel en memorandum gratis hier af. Een van die leesvoorbeelde handel oor ’n meisie wat so mooi soos ’n voëltjie sing. Jy sal ook sommer ’n vrolike lentelied sing as jy hierdie kwartaal jou rapportpunte sien!
Indeks: notas, toetse en vraestelle
2025-08-26Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.
Wiskunde 2: Graad 12-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2025-08-25Is jy in matriek en voel jy of jy moet meet en pas om elke dag genoeg ure tot jou beskikking te hê om vir jou rekordeksamen voor te berei? Lee-Ann Langeveld se Meetkunde-vraestel en memorandum kan jou met jou voorbereiding help. Klik hier om dit gratis af te laai.
Wiskunde 1: Graad 12-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2025-08-25As jy vanjaar in matriek is, het LitNet ’n voorstel vir wat jy in jou vryetyd kan doen. Jy kan Lee-Ann Langeveld se Wiskunde-vraestel gratis hier aflaai en voorberei vir jou rekordeksamen! Die memorandum sal jou help sien of jy op die regte spoor is. Een van haar voorbeeldsomme handel juis oor jongmense en hul vryetydsbesteding. Voorspoed met die voorbereiding.
Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memo
2025-08-18As jy vanjaar in matriek is, weet jy dis amper tyd vir die rekordeksamen. Mens voel dalk so bang daarvoor soos vir hierdie slang, maar kyk hom eerder in die oë en laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-oefenvraestel deur Rita Engebrecht af om oefenvoorbeelde uit te werk (onder andere interessante oefeninge oor slange se stambome). Laat dit op rekord wees dat jy voorbereid gaan eksamen skryf het!
Afrikaans EAT: Graad 4-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-08-08Is jy in graad 4 en wens jy jy kon eerder ’n roomys eet as om ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel te skryf? Gelukkig is hierdie gratis vraestel en memorandum deur Annelie Botha sommer baie pret. Daar is oefenvoorbeelde wat juis oor roomyse handel. Werk die vraestel uit en proe die soet smaak van sukses as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal!
Wiskunde: Graad 7-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-30Is jy in graad 7 en voel jy jy moet meet en pas om elke dag jou werk te kan leer en goeie punte in die Wiskunde-eksamen te kan behaal? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af om jou met jou voorbereiding te help. As jy nou begin werk, sal jy van meet af aan beter resultate sien.
Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-28Is jy in graad 6 en praat almal skielik van goeie punte wat jy vir hoërskoolkeuring moet behaal? Leer jy in Wiskunde van driedimensionele vorms, en van ’n huis se vooraansig of kantaansig? Alles het baie eenvoudiger gevoel toe jy jonger was, of hoe? Gelukkig kan jy Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memorandum gratis hier aflaai. Dit sal jou met jou Wiskunde help en alles sal sommer eenvoudig beter voel.
Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-23Is jy in graad 5 en sê jou ouers jy moet reeds vir jou Wiskundetoetse begin voorberei, maar eintlik wil jy net aan skatte en ander avonture dink? Die goeie nuus is dat jy hierdie oefentoets en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis kan aflaai. By sommige van die somme gaan jy moet skat. By ander somme gaan jy moet meet. Werk die vraestel gou uit en kyk hoe skitter jou rapport hierdie kwartaal!
Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, derde kwartaal
2025-07-22Is jy in graad 4, kan jy glo dis al die derde kwartaal en wonder jy hoekom is hier ’n prentjie van die aarde by hierdie Wiskundevraestel geplak? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit en kry jou Wiskunde onder die knie. Daar is ook baie somme oor sekondes, minute en tyd hierin. As jy die vraestel uitwerk, sal die Wiskunde nie jou kop laat draai nie en jy sal kan sien dat tyd en die Wiskunde wat daaroor handel, heelwat te doen het met hoe vinnig die aarde draai!
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum
2025-06-24Is jy in graad 10 en skryf jy binne die volgende paar dae jou laaste Afrikaans Eerste Addisonele Taal-vraestel? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af en maak seker dat jy nie ’n F vir Afrikaans behaal nie. Dis nou tensy die F staan vir "fantasties".
Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memo’s, tweede kwartaal
2025-06-24Is jy in graad 7 en nou eerder lus vir middagete as om vir jou laaste Afrikaans Huistaal-eksamen van die tweede kwartaal voor te berei? Indien jy ook honger is vir goeie punte, laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en gebruik die oefenvoorbeelde om vir jou eksamen voor te berei. Daar is ’n resep vir ’n bekende Suid-Afrikaanse gereg as voorbeeld.
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
2025-06-23Is jy in graad 10 en voel jy vrolik omdat dit amper vakansie is? Daar’s nog ’n rede om positief te voel. Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir jou eksamen voor te berei. Wees bly, want daar is boonop somme oor positiewe eksponente in hierdie vraestel. Jy sal positief oor jou punte voel as jy vir oulaas ’n vraestel uitwerk en vir die eksamen voorberei.
Afrikaans Huistaal: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
2025-06-23Is jy in graad 10 en wil jy heeldag op TikTok spandeer – maar jy skryf nog hierdie week jou Afrikaans Huistaal-eksamen? LitNet het net goeie nuus vir jou. Jy kan hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai en vir jou eksamen voorberei. Boonop word daar juis oor TikTok in een van die oefenvoorbeelde geskryf. Die ander goeie nuus is dat dit amper vakansie is!
Wiskunde: Graad 9, kwartaal 2, vraestel en memorandum
2025-06-18Is jy in graad 9 en het jy onlangs na die Comrades-marathon gekyk? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld is daar voorbeeldsomme wat oor marathons handel. As jy die vraestel gebruik om vir jou eksamen voor te berei, kan jy dalk eerste plek met jou uitslae behaal!
Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum
2025-06-11Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!
Afrikaans Huistaal: Graad 11, kwartaal 2, hersieningsvraestel en memo
2025-06-09Is jy in graad 11 en wil jy baie graag nou gedurende die Junie-eksamen by die fliek uitkom? Dis goeie raad om eerder nou vir jou eksamen voor te berei en in die vakansie ’n film te gaan kyk. Hierdie Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memorandum deur Zelda Brits kan gratis afgelaai word. Jy sal die vraestel moet deurwerk om te sien waarom springmielies as toeligtingsprent gekies word!