Ai ons wittes darem
2015-11-16Ek lees Jaco se brief oor die wit vloek in Suid Afrika met gemengde gevoelens ...
Wêreldbeker
2015-11-03 Ek sit Saterdagaand en kyk na die wêreldbeker eindstryd tussen Oostralië en Nieu-Seeland. Dit was met 'n effense nostalgie en hartseer dat ek na die wedstryd gekyk het. Die Springbokke het met twee punte teen Nieu-Seeland verloor. Die wedstryd kon enige kant toe gegaan het. Ek sien die All Black-span as 'n span wat net […]
Moet ek of nie?
2015-08-31 Ek kry so maand of wat terug 'n telefoonoproep van 'n persoon wat vra of ek aan een of ander, gaan nie name noem nie, burgerregte-organisasie wil behoort. Ek vra toe die persoon soos ek dit deesdae doen, wat is daar in vir my. Maw wat se voordele kan ek as gehoorsame landsburger uit 'n […]
Hoe ver is ver?
2015-08-19 Ek en my kleinnig se lewensmaat sit nou die dag op die sypaadjie en drink oa koffie en gesels. Hy is eintlik Ingels maar praat baie goed Afrikaans. So nou en dan slaan hy oor Ingels toe wanneer hy uit woordeskat raak en dan val hy weer terug Afrikaans toe. Hy en kleinnig is op […]
Buitelandse beleggings
2015-07-22 Ek het sowat 'n jaar of twee gelede 'n brief oor my gesprek met 'n werknemer van Toyota SA geskryf. Hy is deur die hoofman van Toyota Japan ontbied om te hoor wat die situasie in die land is en en hoekom die arbeidsonrus/staking nie op die spits gedryf word nie. Indien hy nie die […]
Griekse tragedie
2015-07-08 Ek is beslis nie 'n kenner van internasionale betrekkinge nie. Ek lees, kyk en hoor maar wat op die planeet van ons aangaan tussen die skepsels wat spore trap soos mens. Dit slaan my egter onderstebo wat die Grieke se reaksie was en het dit ook te kenne gegee. My gevolgtrekking is soos volg: Hulle […]
Afrikaans, wat jy waar kry?
2015-05-25 Ek is op my beskeie manier 'n taalpuris. Ek kan 'n paar ander tale ook praat. Ek is trots Afrikaanssprekend, dit is my moedertaal. Ek probeer om my moedertaal en enige van die ander tale op die mees suiwere manier te besig. Ek het een dag my rieme styf geloop om een van die inheemse […]
Die sage met Skoonpa vervolg
2015-05-04 Soos in 'n vorige brief geskryf is skoonpa al oor die taggentag. Skoonpa bly in 'n aftree-oord. Ek weet nie of dit 'n nuwe woord is vir aftree na die graf of die "frailcare" afdeling nie. Ewenwel skoonpa is nog aan die gang en op volle sterkte. Al klagte wat hy het is dat sy […]
Robert Gabriel Mugabe
2015-04-12Sy staatsmanskap is wyd en oor verskeie vlakke van die samelewing met groot bewondering gade geslaan en besing.
Snaaksie
2015-04-09 Ek luister/kyk nou die aand na die nuus op die Afrikaanse kanaal. Die nuusleser lees van die nudistestrand wat aan Kwazulu-Natal se kus geopen of goedgekeur is. Sy lees toe voorts dat die nudistestrand ook toevallig 'n voëlkykersreservaat is. Ek kon niet my eigere ore geloven. Ek dog toe dit is heel pittig. Reusedwerg
