Ek het sowat 'n jaar of twee gelede 'n brief oor my gesprek met 'n werknemer van Toyota SA geskryf. Hy is deur die hoofman van Toyota Japan ontbied om te hoor wat die situasie in die land is en en hoekom die arbeidsonrus/staking nie op die spits gedryf word nie. Indien hy nie die storie gaan vasvat nie, sal oorweging om die fabriek Oos Europa toe te skuif gegee word.
Ek hoor vanoggend die voorsitter van Daimler sê dat Suid-Afrika nie meer 'n "betroubare beleggingsbestemming" is nie. Hy skryf dit toe aan wisselvallige arbeid (is dit 'n ander manier om te sê lui werkers?), kragvoorsiening en onbetroubare (afwesige/onbevoegde) regering. Ek kan onthou die Duitse minister van Handel en Nywerheid was verlede jaar hier. Die persoon was hier om die ooreenkomste wat in die vorige bedeling gesluit is te bevestig/hervestig. Kan jy dit flippen glo, onse regering/regime se segspersoon sê dat die ooreenkomste nie gewaarborg kan/wil word nie.Wat ek nie kan verstaan en in my brein inkry nie.
Wat de hel dink die mense in die land gaan gebeur as die bose Kapitaliste en Imperialiste van die land onttrek? Almal het nou "freedom and equall rights". Wat nie deur hul bevryders aan hulle gesê is nie, jy kan die bogenoemde nie vreet nie. Nou die dag op die heer John Robbie se program bel daar 'n jafel in en maak die volgende mees bisarre uitlating. "The biggest problem and threat in this country are the bosses". Wat my ook dronkslaan die skepsel het stemreg en maak sulke banale uitlatings. John Robbie het natuurlik vet mooi nokkol te sê gehad.
Ek het groot geword met die beginsel as jy nie wil hoor nie moet jy voel. Dit klink vir my die beginsel bestaan nie meer in die land nie, miskien het dit nooit bestaan nie.
Ek is nie 'n waarsêer nie, maar die ligte begin al hoe duideliker flikker, en dis nie disko ligte nie. As hulle so aangaan suip ek die plek onder hul gatte uit.
Reusedwerg


Kommentaar
Soos ek destyds vir Max du Preez op sy inbelprogram - voor 94 nog - gesê het (daardie program waar RSG Max gekry het om Die Nuwe! Verbeterde! SA aanvaarbaar vir die Afikaners te maak): "Max," het ek vir hom gesê, "as jy oor so paar jaar tussen slaggate deur ry en jy sien die hoë mure met lemmetjiesdraad daarop weerskante van die pad sal jy in jou geestesoor 'n stemmetjie hoor fluister 'the chickens are home and roosting.' "