Ek kry so maand of wat terug 'n telefoonoproep van 'n persoon wat vra of ek aan een of ander, gaan nie name noem nie, burgerregte-organisasie wil behoort. Ek vra toe die persoon soos ek dit deesdae doen, wat is daar in vir my. Maw wat se voordele kan ek as gehoorsame landsburger uit 'n lidmaatskap kry.
Die persoon begin met as ons saam staan en as groep die regime teengaan en alles wat verkeerd gaan in die land beveg. Ek vra toe is daar bewyse van sukses en die persoon gaan voort en rits toe 'n paar voorbeelde af waar die regering in die hof pak gekry het.
Verstaan my mooi, ek is nie teen so 'n inisiatief nie. Die probleem by my is die "emosie" en uitbuiting agter die tipe organisasies. Die meeste geld gaan vir salarisse, regskostes en "administrasie". Geen minderheidsgroep se burgerregte-organisasie in die land gaan werklik hond haaraf maak nie. Hulle blaf teen die wind. Die regering "verloor" in die hof. Die enkele "oorwinnings" word aan die groot klok gehang. Help my reg, het die regering al ooit ag geslaan op hofbevele/gedinge waarin hul "skuldig" bevind is?
Die enigste manier om 'n verandering van regering in die land teweeg te bring is totale terughou van belasting. Die blanke en blanke-maatskappye betaal die meeste belasting in die land. Dit is nie staatsamptenare se belasting nie, privaat sektor werknemers en gewers wat persentasiegewys die meeste belasting betaal.
Dit is tyd dat ons rug reguit maak en sê tot hier en nie verder nie. Dit help niks om 'n sogenaamde demokrasie te hê nie en net 'n sekere segment word bevoordeel nie. Die wittebrood is verby, die realiteite moes al ingeskop het.
Jy het nie mense wat in kantoorblokke sit om mense te motiveer nie, jy het die wil van die mense nodig. Jy moet op straat staan en mobiliseer, daar waar die tekkie die teer slaan.
Reusedwerg


Kommentaar
Dag Reusedwerg,
Ek is lankal uit Afrika weg, maar ek onthou die emosies soos gister. Ek handhaaf my opinie, sonder grond het die witman niks, absoluut niks. Hy sal vertrap word, opgevreet word, mishandel word, uitgebuit word, belieg word en saam met alles soos genoem sal hy uitgelag word.
Moet nie waag om georganiseerd belasting te weerhou nie, julle sal leer wat dit is om in 'n oorbevolkte tronk te sit.
Duitswester
Reusedwerg
Dink bietjie na wat jy alles hierbo kwytgeraak het.
Jy skryf: “Help my reg, het die regering al ooit ag geslaan op hofbevele/gedinge waarin hul ‘skuldig’ bevind is?” Die antwoord is ’n besliste JA daarop! Indien jy met my verskil, gee voorbeelde waar die regering ooit enige hofbevele veronagsaam het?
“Die enigste manier om 'n verandering van regering in die land teweeg te bring is totale terughou van belasting.” Nou wie gaan dit onder die belanghebbendes organiseer en wie gaan vir sodanige organisasie se optredes betaal, blykbaar wil jy nie? Elke belanghebbende in eie reg sal dit nooit kan regkry nie.
“Die probleem by my is die UITBUITING agter die tipe organisasies. Die meeste geld gaan vir salarisse, regskoste en "administrasie" Aah!! Nou daar het jy dit. Alles gaan eintlik oor jou geldgierigheid verbloem met jou onlogiese argument hierbo.
Jy hoef nie name te noem nie, maar jy verwys ooglopend na AfriForum. AfriForum stel dit so: “Income is derived from members who are asked to contribute a monthly members’ fee OF THEIR OWN CHOICE”. https://www.afriforum.co.za/about/about-afriforum/
Jy noem ook: “Die probleem by my is die ‘emosie’ daaragter.” Nou wat van jou uiters subjektiewe emosies wat jy in jou brief openbaar, nl: “Die blanke en blanke-maatskappye betaal die meeste belasting in die land” asof die ander rasse nie, in verhouding met hulle inkomste hulle bydraes tot die staatskas bydra nie!
Vir die stuiwer wat jy as Afrikaner nie bereid is om te betaal nie: “AfriForum works to ensure that the basic prerequisites for the existence of Afrikaners are met, by acting as a credible Afrikaner interest organisation and civil rights watchdog – as part of the Solidarity Movement – outside the workplace on national and local level to handle the impact of the current political realities facing Afrikaners, and to influence those realities, while working simultaneously to establish sustainable structures through which Afrikaners are able to ensure their own future.
Jaco dankie vir jou opinie.
Reusedwerg
Om belasting terug te hou gaan nie gebeur nie; dit sal groot organisasie verg en sou dit realiseer gaan als tot stilstand kom (alles het alreeds amper tot stilstand gekom, maar ons het darem nog water, so 'n bietjie elektrisiteit en hier en daar word 'n pad darem nog harmansdrupgewys reggemaak).
Nee die weg wat gevolg moet word is bewusmaking waarby mense soos Dan Roodt en sekere burgerregorganisasies 'n groot rol speel. Die volgende ding is jy moet jou kerkgeld terughou totdat jou kerk sy verskoning (vir sogenaamde apartheid) terugtrek. Verder moet die kerke daarop aandring dat die regering en almal wat meegedoen doen het aan die daarstel van einste (soos Max, die pers [Afr en Engels]) 'n verskoning vereis van die regering, vakbonde edm vir die gemors waarin hulle die land gedompel het. Dit sal van die eerste stappe na die weg van genesing wees.
Jaco
Nou vir wat op aarde plaas jy AFRIforum (lw: 'Afri' vir 'Afrikanerbelange') se doelwitte in Engels?
Jan Rap
Jan.
Bewusmaking sonder aksie beteken niks. Rooi Daantjie, die ene bek, waag geen aksie nie. Enige hofbevel wat hy verloor, gaan hom uitroei. Hy was ampertjies met die Scholtz saak uitgeroei gewees.
Jan
Ek het amper die laaste gedeelte van jou respons misgelees.
Angus by 'n vorige geleenheid het my ook daaroor vasgevat.
Ek het nie tyd om op die internet vir die Afrikaanse weergawe te soek nie, en hulle het wel 'n Afrikaanse weergawe. Wanneer ek op die internet se soekenjins gaan, soek ek uitsluitlik deur middel van Engels. Dit is vir my meer gerieflik en minder tydrowend.
Ek weet die antwoord pas jou nie, maar dit pas my goed, en ek gaan nie 'n debat daaroor voer nie.
Jaco
Geen debat nodig nie want debat handel oor teenstrydige menings. Dit is egter 'n feit (nie 'n mening nie) dat dit eienaardig is dat 'n Afrikaanssprekende 'n organisasie, wat hom ten doel stel om Afrikanerbelange te bevorder, se doelstellings in Engels weergee.
Wat jou volgehoue haatveldtog teen Dan Roodt betref, jy beweer hy is " .. ene bek, waag geen aksie nie" maar in dieselfde asem sê jy hofbevele gaan hom uitroei. Nou hoe raak 'n ou wat geen aksie neem nie in 'n hofgeding betrokke?
Jan
Eerstens. Net soos Praag, het AfriForum ‘n Engelse afdeling ook. AfriForum se visie soos ek dit hierbo weergee het, kom voor in beide Engels en Afrikaans. Ek het verkies om die Engelse weergawe daarvan te weergee.
Tweedens. Jy kon nooit vir my enige aksie tot voordeel van die Afrikaner vanaf Rooi Daantjie weergee nie, dus probeer jy met ‘n woordspeletjie hierbo bewys dat hy wel tot sodanige aksie in staat is. Heel duidelik ken jy nie die agtergrond van die hofgeding nie. Rooi Daantjie is hof toe oor 'n woordestryd, bekgeveg (geensins enige AKSIE tot voordeel van die Afrikaner aan sy kant nie) tussen hom en Leopold Scholtz.