Kommentaar oor Suid-Afrika

  • 1

George, ek het die skrywe wat jy op die Net laat plaas het ook in die algemene omgang van vonkposse gesien. Indien die kommentaar waar is, is dit onrusbarend. Daar is ook 'n "kommentaar" wat deur een of ander sogenaamde professor aan 'n universiteit van 'n voorheen kommunistiese land gelewer is. Dit kom daarop neer dat dit nie Jacob Zuma se skuld is dat hy op Suid-Afrika losgelaat is nie maar die kiesers wat hom verkies het tot die amp as president. Ek stem saam. Die man het homself nie tot die leier van die land verkies nie maar is geroep tot hogere diens. Hy moet nou of behoort pa te staan vir sy of sy organisasie se dade nie dat sy dade in die Afrika-konteks enigsins verkeerd is nie. Elke land verdien die regering vir wie hy gestem het.

Ek het al in my handel en wandel baie keer mense van kleur ontmoet wat kla en kerm oor die huidige toestand in die land. My woorde aan die mense is, moenie kla vir die bestel vir wie jy gestem het nie. Hulle hou dan hul kommentare vir hulself.

Wat my egter meer die moer in maak is die wat die land verlaat. Ek het meegevoel met die mense wat nie werk kry nie of buiteland toe skuif oor professionele redes. Geen probleem, laat jy gaan en jou heil soek. As jy dit maak goed en wel vir jou. Gaan maak jou geld en skep vir jou 'n nuwe lewe en toekoms. Ek het familie wat buiteland toe geskuif het en nou die land afkraak. Hy plaas op die bakkiesboek artikels van gevalle van geweld en wys vinger dat dit is wat in Suid-Afrika gebeur. Dit is in my oë nie reg nie.

As jy wil gaan, laat waai maar moet nooit sê fonteintjie uit jou drink ek nooit weer nie. Dit gaan jou eendag dalk nog duur te staan kom.

Dit is soos 'n egskeiding. As jy die vrou wil skei doen dit met waardigheid. Laat sy gaan en hou jou kommentaar vir jouself. Dis jou besluit. Jy hoef nie regverdiging vir jou dade te soek nie.
As jy wil buiteland toe skuif, gaan vir die regte redes maar moenie jou bek uitwas oor die land nie. Onthou hier is van ons wat hier agterbly en lief is vir die land ongeag die probleme en kwellings.

Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • George Bekker

    Beste Reusedwerg, dis die probleem dat die meerderheid kiesers nie die verantwoordelikheid van 'n kieser en die konsekwensies van sy optrede besef nie. Dit lyk tog of die neiging om noodwendig vir die ANC te stem effens aan die verminder is. 'n Party wat eers blindweg as bevrydingsbeweging gevolg is, word mettertyd gesien vir wat hy is: die regering.

    Vir my is lojaliteit teenoor my mense vanselfsprekend, nogtans sal ek hulle kritiseer as dit nodig is. Ons moet op goeie voet bly met gewese Suid-Afrikaners. Hulle lojaliteit teenoor ons kan vir ons baie beteken. Noodwendig sal daar ook “fonteintjie ek drink nie weer uit jou nie”-gevalle onder hulle wees, maar as 'n mens sulke mense ken moet jy hulle probeer beïnvloed.

    Goeie wense.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top