PandaSêNet-briewe2015-04-16Kobus Ek plaas hieronder die uitslag van my waarnemings oor die posisies van Jupiter en die Galileaanse mane (ligstippels soos jy verkies om na hulle te verwys) op die datums en tye soos wat ek in die voorspellings aangedui het. Hierdie is ’n goeie voorbeeld van ‘die wetenskaplike metode’ deur ’n teorie te stel en […]
Panda2013-11-18Die komeet ISON nader die son tans vinnig en perihelion en sy draaipunt om die son is reeds 28/29 November waarna dit sal begin om die binnekring van die sonnestelsel te verlaat.
Panda2013-10-22Die verskynsel van die drie skaduwees wat gelyktydig op Jupiter geval het op 12 Oktober was dus in ’n tydstip wat Jupiter in ’n baie gunstige posisie was vir waarneming.
Panda2013-10-07Kort voor sonsopkoms op Saterdag 12 Oktober sal ’n seldsame verskynsel op Jupiter afspeel wanneer die skaduwees van drie van die galileaanse mane nl Europa, Io en Callisto in ’n stadium gelyktydig op Jupiter waarneembaar sal wees.
Panda2013-06-05Ek plaas ’n foto van ’n simulasie van die unieke gebeurtenis op 12 Oktober later hierdie jaar wanneer die skaduwees van drie van die Galileaanse mane gelyktydig op Jupiter waargeneem sal kan word.
Panda2013-04-09"Die hemelruim in die jaar 2013 was tot dusver opwindend met die asteroïdes wat hier by die aarde verbygeskuur het en die onverwagse meteor wat die Russe skrik op die lyf gejaag het."
Panda2013-02-22"Die gevallery van die sterre gaan waarskynlik ’n lang uitgerekte storie afgee want as die naaste ster Proxima nou vandag begin val en sê maar dit val teen die spoed van lig, sal dit nog 4.24 jaar vat voor dit ons in ons moer in val."
Panda2013-01-07Ek is weer positief en van mening dat die skink besig is om in ’n bogrondse reptiel te verander en dat die pote besig is om te ontwikkel en nie te verdwyn nie en dat die oë ook mettertyd sal verbeter.
Panda2013-01-07Dié foto is deur die Hubble-ruimteteleskoop (HST.) op 28 Maart 2004 van Jupiter geneem tydens die gelyktydige verduisterings deur Ganymede, Io en Galisto.
Panda2012-12-14Die teleskoop se opvangsvermoë sal die van die HST ongeveer 7,3 keer oorskry. Dit sal deur ’n skerm wat die grootte van ’n tennisbaan is teen die son se strale beskerm word.