Komeet Lovejoy

  • 6

Waar is komeet Lovejoy?

’n Pragfoto van komeet Lovejoy met ’n beskrywing van sy gekompliseerde stert is te sien by: http://apod.nasa.gov/apod/ap150121.html

Ek heg ’n kaart aan waar u kan kyk/soek. Optiese hulp is verkieslik. Dit behoort met die blote oog soos ’n dowwe opgeblaasde ster lyk.

  • 6

Kommentaar

  • Gits Panda jy wat 'n sterrekundige is weet nie waar dit is nie, hoe sal ek nou weet? Glad nie gesien nie. Daar iewers. Interessante onderwerp. 🙂

  • Helaas, hier in Centurion het ons al weke lank bewolkte weer. Ek het die komeet wel 'n aand of twee te siene gekry - beslis een van die beteres van die afgelope dekade of twee. 

  • Dagsê Reusedwerg,

    Ek hoop jy het gesoek en gevind! Die vraag bo-aan my brief is deur die webmeester daar ingevoeg.

    Groete
    Panda

    -----

    Aikona, ek het niks ingevoeg nie; dis hoe ek dit ont vang het.

    Webvoet

  • Hallo Reusedwerg,

    As jy nog op soek is na komeet Lovejoy kan jy na die volgende webwerf gaan:

    http://apod.nasa.gov/apod/ap150128.html.

    Beweeg dan met jou rekenaar se muis oor die foto en  jy sal  hom kry. Die foto is natuurlik in die Noordelike Halfrond geneem en om dit van toepassing te maak in die Suidelike Halfrond moet dit met 180º gedraai word.

    Groete
    Panda

  • Dankie Panda. Hier in ons geweste raak dit mistig en deinserig in die aand agv die seelug. Ek sal tog sodra dit beter is die komeet soek.

  • Panda

     
    Dankie vir jou handige inligting. Ek is nou gevestig in die Kaap en my teleskoop is uitgepak en opgestel. Ek is net ontsteld oor die hoeveelheid ligbesoedeling hier in Somerset-Wes!
     
    Groetnis
    Thomas
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top