Ek sluit twee foto’s van my ruimtespieël in. Ek het sedert die foto’s geneem is die pote van die tafel waarop dit staan, aangepas sodat dit opvoubaar is vir vervoerdoeleindes omdat ek die kontrepsie dikwels rondkarwei. Dit is belangrik dat die blad van die tafel moet roteer en die hoek van die spieël verstelbaar moet wees om te voorkom dat dit rondgeskuif moet word om dit op die regte plek te rig. Die kontrepsie is nogal gewigtig en ’n rondskuiwery werk nie lekker nie. Ek het nou net een vinger nodig om dit bv presies op Jupiter in te stel.
Groete
Panda



Kommentaar
Dankie, Panda. Lyk na 'n heel lekker kontrepsie, en ek is seker jy het ure se plesier daarmee in die bestudering van al die fassinerende optiese illusies wat die heelal vir ons bied. 🙂
Brianvds — Wat jou navraag oor die verkyker betref. Ek gebruik 'n 9x63. Die vergroting (9) is vir dié doel natuurlik van minder belang as die vermoë om lig te versamel d.w.s. die grote van die lense (63). Die heel belangrikste is natuurlik redelike oë anders begin jy om jou verbeelding te glo en dit wat ou oë waarneem as optiese illusies af te maak.
Groetnis
Panda
Ja, so 'n verkyker is straks bietjie swaar om sonder die ruimtespieël te gebruik. Die bietjie ekstra vergroting help nogal as mens na die maan kyk, of om dubbelsterre te onderskei, maar jy is natuurlik reg dat die grote van die lens belangriker is.
Brianvds — Die antwoord is ongelukkig negatief. Die 9x vergroting van my verkyker is klaarblyklik hopeloos te lig daarvoor. Wat baie duidelik in die omgewing waargeneem kan word, is die Juwele kis; die sterrebondel Alfa Centaurus en dan die dubbelster Acrux wat maklik geskei word.
Groete
Panda
Branvds — Regstelling: Ek bedoel, die sterrebondel Omega Centaurus.
Panda
Ja, daardie ander illusies wat jy noem is maklik om te bestudeer. 🙂