Panda2012-12-10Wanneer spesifieke meeteenhede gedefinieer word, is dit onvermydelik om die terminologie vir die meting van ander eenhede, in die definiëring daarvan te gebruik.
Panda2012-12-03Gedurende die nag van 16/17 November het die Galileaanse maan Io tussen die son en Jupiter deur beweeg en ’n duidelike skaduwee op Jupiter gewerp.
Panda2012-11-08"Brittanje het die Gregoriaanse kalender eers in 1752 ingestel toe die fout al tot 11 dae geakkumuleer het, deur 2 September deur 11 September te laat volg. Daar was glo taamlike ongelukkigheid en selfs opstande omdat sommige onderdane van mening was dat hulle lewe met 11 dae verkort word."
Panda2012-11-06Die aarde se rotasiespoed het oor miljoene jare beduidend afgeneem, hoofsaaklik as gevolg van die maan aangedrewe effek van getye op die oseane van die aarde.
Panda2012-10-26"In 1644 het die destydse vise-kanselier van Cambridge Universiteit, dr John Lightfoot, ná (volgens hom) omvattende berekenings, en intensiewe bestudering van die Ou Testament, aangekondig dat die aarde presies nege uur die oggend van 23 Oktober 4 004 vC deur God geskape is"
Panda2012-10-22Ek sien jy sê die ‘Skeppingsleer’ — ek aanvaar jy bedoel Kreasionisme of, soos aanhangers deesdae verkies om daarna te verwys, ‘Intelligente Ontwerp’ — is ’n geloof? Is jy seker jy bedoel wat jy sê? ’n Geloof nogal — jou wragtig?
Panda2012-06-14Aangesien ’n direkte waarneming van die gebeurtenis ons nie beskore was nie, sluit ek ’n simulasie in wat die meer as twee-uur-lange gebeurtenis van verlede week in enkele sekondes saamvat.
Panda2012-04-26Oor die planeet Venus was daar al baie misgetas en waarvan die ergste waarskynlik die keuse van die naam was. Daar is die storie van die Franse Vloot wat ’n patrollieboot uitgestuur het om ondersoek te gaan instel na die skerp lig saans in die weste bokant die Engelse Kanaal, nadat die vermoede ontstaan het dat dit moontlik ’n vyandige spioenasieballon is.