In die program "Hoe verklaar jy dit" op Sondag 10 Junie was daar ’n baie interessante bydrae van prof Jurie van den Heever ivm met "voetspore van oermense" en die pogings van kreasoniste om daarmee die evolusieteorie af te skiet. Luister gerus daarna by voetspore
.
Groete
Panda


Kommentaar
Panda
Dankie Panda,
Indien die program geluister sou word, let veral op na die woorde: "'n moontlike verklaring", "as aanvaar sou kon word" , "na beraming", "indien die aanname gemaak word", "na skatting", "ongeveer", "omtrent", "met redelike sekerheid", "naasteby teoreties berekend", "die moontlikheid onstaan", "dalk net" en dan natuurlik "professor so en so, van so en so universiteit, se onlangse navorsing toon die moontlikheid bestaan dat..." en " indien die teorie toegepas sou word, kan daar met redelike aannames getoon word..." en dies meer.
Dolf
Ek dink Dolf het die twyfelagtigheid van die manne wat op 'onomstootlike bewys' baie raak opgesom - sit al daardie kwalifiserende bywoorde ne byvoeglike naamwoorde by die belaglike aanspraak van 'onomstootlike bewys' waarop Van Den Heever gedurig aanspraak maak, en julle, veral Thomas, sonder om self te weet wat aangaan, agterna papegaai.
Dan sien jy met watter bespotlikheid julle, steeds onder die fineer van wetenskap, nog steeds na twee eeue probeer sit en probeer lewe inblaas en nie kon vordering maak verby die "'n moontlike verklaring", "as aanvaar sou kon word" , "na beraming", "indien die aanname gemaak word", "na skatting", "ongeveer", "omtrent", "met redelike sekerheid", "naasteby teoreties berekend", "die moontlikheid ontstaan", "dalk net" en dan natuurlik "professor so en so, van so en so universiteit, se onlangse navorsing toon die moontlikheid bestaan dat..." en " indien die teorie toegepas sou word, kan daar met redelike aannames getoon word...", soos Dolf dit so netjies uitwys,
As daardie refreine nou nog, twee eeue later steeds gebruik word saam met die belaglike en onverantwoordelike stelling 'onomstootlike bewys', dan is dit mos vir almal wat bereid is om sy verstand te gebruik en te dink (behalwe julle, natuurlik), duidelik dat julle me t'n groteske klug besig is - en dit niks anders nie, is, as julle eie sekulêre religie wat julle so in ander se keelgate afdruk.
Kyk byvoorbeeld na Thomas, die 'doktor', se kommentaar hierbo. Watter waarde het sulke snert? Hy maak die punt vir my volledig met 'n praktiese voorbeeld uit jul eie geledere,
Wat baie pla, is die kwessie dat RSG, wat die program aangebied het, altyd net vir Jurie van den Heever en sy stalmaats gebruik vir die beantwoording van vrae oor die natuurwetenskappe - sowat van ongebalanseerde eensydige en bevooroordeelde aanbieding is onaanvaarbaar en daar moet iets aan gedoen, word. Afgelope Sondag se snert was nie die eerste keer nie - ek dink mense moet hulle stemme nou dik maak by RSG. Baie onskuldige mense word mislei deur sulke snert as wetenskap op te dis. Daardie is nie veronderstel om 'n kletsprogram te wees, nie.
Kobus de Klerk
Kobus — Dis duidelik dat RSG en Jurie van den Heever jou hewig ontstel het en aangesien jy so ’n sterk mening hieroor huldig dat jy mense oproep om stem by RSG dik te maak oor, soos jy dit stel: ‘sulke snert as wetenskap op te dis’, het ek dadelik by jou voorstel ingeval en sommer ’n afskrif van jou kommentaar aan Magdaleen Kruger gestuur omdat sy dit andersins waarskynlik nie in hierdie weggesteekte en by-die-dag-kwynende ‘SêNet-hoekie’ onder oë sou kry nie.
Ek is seker dat sy in die lig van haar verantwoordelikheid by RSG, dit ernstig sal opneem en die aanbieder Chris Swanepoel en Jurie van den Heever sal aantree. Hopelik sal Jurie darem die geleentheid kry om te reageer voor hy dalk gevra word om sy hoed en sy kierie te vat. Dit kan dan dalk net gebeur dat RSG vir jou ’n aanbod maak om ter wille van balans op die program, vir Jurie op die paneel te vervang — of beter nog vir Chris Swanepoel as aanbieder?
Dink net man! — ’n Geleentheid om derduisende luisteraars blootstelling te gee en bekend te stel aan jou nuwe Fisika teorieë. Ek kan my net die opgewondenheid voorstel by die nuwe geslag wetenskaplikes oor hoe om bv. swaartekrag op te wek — of te verwek — soos jy verkies om daarna te verwys — en die wonderlike geleentheid om Sir Isaac en oom Albert se wanpersepsies hieroor aan die kaak te stel. En dan kan jy sommer nuwe lewe blaas in die uitgediende geosentriese model van die heelal. Ek sien ook ’n Nobelprys en ’n eredoktorsgraad of twee wink met jou onthulling en bewys dat 2 X 0 = 2.
Panda
Dagsê Panda
Panda,
Nee, Jurie Van Den Heever as persoon is nie die een wat omkrap nie, maar die onwerklikheid wat hy voorhou as waarheid onder die vaandel van evolusie 'wetenskap'. Daar is 'n paar ander wat dit ook doen - dit gaan nie oor die persoon nie, maar oor wat die persoon kom kwytraak oor die lug.
Hulle hoef nie die Jurie Van Den Heevers stil te maak nie - hulle moet die ander sprekers ook bring om die ander kant van die saak, die werklikheid, te kom stel - en ek verseker jou - die luisteraars sal dan self sien watte klugspul Van Den Heever en kie verkondig. Dus - vir daardie doeleindes is Van Den Heever se ateïstiese bydrae oor die darwinistiese evolusieleer nodig om met die waarheid te kontrasteer - dan sal mense die Waarheid baie maklik uitken in kontras met die leuen wat hy en ander soos hy, eggo.
Vir jou kan ek sê, Thomas, julle probleem is juis daarin geleë dat mense nie meer net julle snert opeet vir soetkoek nie, maar self begin ondersoek instel - en die leuen word dan maklik openbaar gemaak. Soos wat wel indie laaste tyd besig is om te gebeur.
Kobus de Klerk