In 1644 het die destydse vise-kanselier van Cambridge Universiteit, dr John Lightfoot, ná (volgens hom) omvattende berekenings, en intensiewe bestudering van die Ou Testament, aangekondig dat die aarde presies nege uur die oggend van 23 Oktober 4 004 vC deur God geskape is.
Die Aartsbiskop van Armagh en vise-kanselier van Trinity College in Dublin, James Ussher, het die verifikasie gedoen en die seël op Lightfoot se berekeninge geplaas.
Ook die volgende inskripsie (Afrikaanse vertaling) verskyn op die replika van die kruis wat deur Diego Cau in 1485 by Kaapkruis in Namibia opgerig is en wat tydens die Duitse bewind deur hulle gesteel is en na ek verneem, tans in ’n museum in Berlyn uitgestal word:
“SEDERT DIE SKEPPING VAN DIE AARDE HET 6 684 JAAR VERBYGEGAAN;
EN SEDERT DIE GEBOORTE VAN CHRISTUS 1 484 JAAR;
EN HET DIE DEURLUGTIGE DOM JOHANNES GELAS DAT HIERDIE PILAAR HIER OPGERIG SOU WORD DEUR DIEGO CAU, SY RIDDER.”
(Dom Johannes was koning Johannes II van Portugal en sy ridder Diego Cau was Jacob Canus.)
Wanneer die Bybel as bron gebruik word, soos deur dr Lightfoot en Aartsbiskop Armagh en die Portugese Christene, om die ouderdom van die aarde te bereken, kan daar begin word by die argeologiese gebeurtenis van die val van Jerusalem in 588 vC (die datum van 597 vC is sedertdien aangesuiwer tot 588 vC) en dan die aantal jare terugwaarts te tel tot by die verdeling van Salomo se koninkryk aan die einde van sy koningskap wat 40 jr geduur het: (588 + 390 + 40) wat ons by die jaar 1018 vC bring.
Van die einde van Salomo se 40-jarige koningskap tot aan die begin van die tempel in die vierde jaar daarvan neem ons ’n verdere 37 jaar terug.
Vandat begin is met die bou van die tempel tot die uittog van Israel uit Egipte 480 jaar vroeër, bring ons by die datum van 1 535 vC.
Van die uittog uit Egipte tot Abraham se aankoms in Kanaän vanaf Haran was dit presies 430 jaar, wat ons terug neem tot by 1 965 vC.
Van Abraham se geboorte 290 jaar na die vloed, plaas die vloed dus 2 331 jaar vC.
Die genealogiese uitleg gee ’n verdere 1 665 jaar tussen die skepping en die vloed wat die skepping by 3 986 vC. bring. Sedert die geboorte van Christus het daar intussen natuurlik nog bykans 2 013 jaar verloop wat die ouderdom van die aarde op 3 986 + 2 013 jr te staan bring. Volgens die Bybel is die aarde dus op ’n enkele jaar na presies 6 000 jaar oud. Hier kan dalk ’n groot makietie kom!
Dit beteken dus dat die duisende fossiele van oa dinosourusse en ander uitgestorwe spesies alles minder as 6 000 jaar oud moet wees en die groot vraag is nou of dié diere voor of na die vloed uitgesterf het? Miskien is die stories oor fossiele sommer net ’n spul leuens en die geraamtes in die museums net ’n klomp namaaksels.
Die aarde is natuurlik volgens Die Bybel ook die oudste hemelliggaam want dit is op die eerste dag geskape en die son, die maan en die sterre en die res, alles eers na 23 Oktober 4004 vC. Dit beteken ook dat alle sigbare sterre en galaksies nader as 6 000 ligjaar vanaf vanaf die aarde moet wees want alles wat verder as dit is, se lig sou nog nie hier waargeneem kon word nie omdat dit nog nie gearriveer het nie. Die Andromeda-galaksie kan dus volgens die Bybel nie 2.5 miljoen ligjaar ver wees nie en moet sommer hier naby binne die Melkweg geleë wees en so ook die miljoene ander sterrestelsels/galaksies wat op foto’s vasgelê is.
Ek is seker Louis en Kobus en Dolf sal die ou sakies kan verduidelik.
Verwysings: (Eseg. 4:4-7); (1 Kon. 6:1); (Gen. 12-10/Eks 12:40/Gal 3:17); (Gen. 12:4); (Gen. 11:11-26); (Gen. 5:3-32)
Panda


Kommentaar
Panda
Hulle sal dit al te maklik kan verduidelik deur doodeenvoudig fisika ook te ontken, net soos hulle reeds biologie ontken.
Beste Panda,
Dankie vir jou besondere interessante stukkie skrywe en vir die uitmuntende rekenkunde. Tog voel ek erg gebelgd dat ek ook nie uitgenooi is om kommentaar te lewer oor die ouderdom van die aarde nie. Kyk, dit is tog inderdaat só eenvoudig. Omdat vir Jahweh een dag soos n millennium kan wees ( die Bybel sê só) en anders om, kan 'n duisend of 'n miljoen jare by al daardie berekeninge toegevoeg of afgetrek word, en jy sal tóg vind dat die Bybel korrek is. Hierdie dinge is mos duisende jare gelede uitgewerk en vasgelê in Gods Woord.
En al daardie geraamtes van dinosourusse en fossiele in museums oral in die wêreld is van plastiek en gips gemaak net soos daardie gedrogte in die museum van Kentuckey, VSA, opgerig deur die kreosioniste wat hulle kinders leer dat mense en dinousourusse die aarde gelyktydig bewoon het.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Panda,
Dis al so 'n holruggeryde ou argumentjie hierdie. Ons as moderne gewone alledaagse Christene weet dat die aarde nie 6000 jr oud is nie!
Die Bybelskrywers was bewus daarvan dat die aarde lank reeds bestaan het [Gen 1:2 -die aarde was heeltemal onbewoonbaar ( '83 vertaling). Maar die aarde was 'n vormlose, onbewoonbare massa (NLV 2006)] Hoe sou hulle dit geweet het? Vandaar tot by die Sumeriërs het dinge maar stadig gegaan. Op Sy tyd, het God deur evolusie geskep.
Daar het 6000 gelede onder die Sumeriërs 'n skielike onverklaarbare oplewing in die beskawing ontstaan.
Dit is toe God Hom aan die mens openbaar het en die gebeure hom hierbo begin afspeel het. Onthou Abraham was 'n boorling van Ur.
So, dis die Bybel wat 6000 jr "oud" is.
Mooi loop en (kry jou siel reg)
Raed-na-Gael
If the young earth and Noah flood myths were true, all types of vertebrates - living types of mammals, birds, reptiles, amphibians, and fishes - would be found along with bacteria and trilobites at the very beginning of the fossil record and would be extractable from all rock layers of later ages.
But of course, nothing could be farther from reality.
The infamous "gaps in the fossil record," adduced by creationists as evidence against evolution, are actually a devastating refutation of the idea that all forms of life were miraculously zapped onto the earth at the same time!
Hierdie kommentaar van Delusion Buster is die onsinnigste, mees oningeligte wat ek in ’n besondere lang tyd hier teëgekom het. Hy het nie die vaagste benul waaroor die sondvloed of die fossielrekord gaan, nie.
Magtie, watter snert sal die agnostici nog probeer uitdink? Nou het ons met hulle weergawe van ’n vloed te make – niks met die vloed van die Woord te make nie – een wat kwansuis die hele aarde deur al sy lae omgeskoffel het sodat alles skielik op dieselfde substraat geleë is ... selfs dit wat voor die sondvloed uitgesterf het. So asof daar geen uitgestorwe lewe was voor die sondvloed, nie.
Verstaan die arme mense dan niks van enigiets nie? G’n wonder hulle is agnosties, nie – 'agnosties' uit Grieks wat beteken om onkundig te wees, om nie kennis te besit, nie... hierdie mense doen hulle etiket werklik gestand en leef dit elke dag uit.
Dit is nie ’n brein-ding nie, dit is ’n spiritualiteit-ding, want die brein is maar net die reseptor wat op spirituele impulse via die senustelsel in die brein, funksioneer. Dus, die brein reageer op daardie tipe spirituele impulse en as dit nie daar is nie, dan raak die brein disfunksioneel ... en ons sien dit elke dag met julle. Dit is nie ’n belediging nie ne beslis nie bedoel om so te wees, nie. Dit is biologies ’n feit. Een aspek van spiritualiteit is juis die energie wat die brein via die senustelsel stimuleer.
Maar julle sal mos nie weet nie, of hoe. Weet net van die reaksie, want dit kan julle probeer toets, soos met elektriese stroombaan, Maar die generator van die breinfunksie, is die mens se spiritualiteit, dit weet hulle niks van, nie. Dit funksioneer fisiologies en in die spirituele dimensie.
Net God kan help, kêrels.
Kobus de Klerk.
Ek reageer graag soos versoek deur Panda. Ek stem saam met die 6000 jaar maar verskil met presiese berekening. Ek baseer my berekening op geslagregisters in die Bybel en kom ook by byna 6000 jaar uit. Verder stem die Israel rabbies ook met die berekening saam dat ons nou in die jaar 5773 is na die skepping. Hulle het egter 163 jaar weggelaat omdat hulle nie die profesie van Daniël aanvaar toe Jesus met 'n donkie in Jerusalem ingekom het as verlosser nie.
Kobus: Daar is verskillende weergawes van kreasionisme; Delusion Buster se kritiek is gelewer teen een van daardie weergawes. Ek het ook al te doen gekry met daardie weergawe: daar is vele kreasioniste wat inderdaad glo dat die Bybelse vloed wêreldwyd alles omgeskoffel het (hulle is bra vaag oor waar al die water vandaan gekom het en waarheen dit toe weer verdwyn het). Dalk glo jy weer iets anders.
Beste Pieter,
Verskoning vir my oorsig maar dankie dat jy ten spyte daarvan nogtans my probleempies aangespreek het. Dis duidelik dat jy ’n voorgevoel gehad het vir wat gaan kom en daarmee Kobus se uitleg van daglengtes in Genesis, kon voorspring.
Kobus kom uit enige hoek uit al moet hy soms die Fisika- en Natuurwette – waarvan hy duidelik baie min begryp, indien hoegenaamd enigiets – verkrag en aanpas met bewerings soos dat Newton dit mis gehad het en dat swaartekrag in werklikheid opgewek word en Josua se langer dag bewerkstellig is deur eenvoudig die aarde sê as so ’n gedeeltetjie van ’n graad te kantel. Ek lag nog steeds as ek aan sy uitleg wat hy afgeskop het met “So het dit gebeur . . .”
Dis darem nogal jammer dat dr. Lightfoot en visekanselier Ussher van Trinity College nie Kobus se spirituele insig en intelligensie gehad het nie en die mensdom so mislei het met hulle berekening uit die Bybel oor die ouderdom van die aarde, dat volgens ’n ‘Gallup- opname’ van so onlangs as 19 September 2012, daar steeds, bykans 350 jaar later, tussen 40% en 50% van volwassenes in die VSA glo dat die aarde net tussen 6 000 en 10 000 jaar oud is. Gelukkig dui die opname darem ook daarop dat die ondersteuners afneem namate opleiding toeneem en dat slegs 22% van mense met graadopleiding die storie sluk teenoor 47% wat slegs hoërskool voltooi het.
Vriendelike groete
Panda
Beste Louis,
Dankie vir jou kommentaar. Ek dink jy is naïef maar minstens is jy eerlik en lê jy moed aan die dag om jou oortuiging te stel en daarvoor het ek respek!
Wees darem getroos dat jy nie alleen is nie, soos blyk uit die statistiek wat ek hier bo verskaf het.
Beste groete
Panda
Brianvds,
In die verwysingsraamwerk van allerlei onsekerhede waarmee jy as agnostikus te make het, sien jy alles aan as een of ander 'teorie'. Ek het dit al baie gesê en sê dit maar weer – julle is agnostici weens julle onkunde, julle gebrek aan kennis en ervaring van dinge Gods en van SY Woord soos opgeteken, ook. By laasgenoemde het jy weer die Goddelik gegewe insig nodig, wat ons het, maar julle juis nie.
Dus, ek het nie juis ’n teorie van skepping nie, maar ek gaan op die feite wat die HERE in SY Woord daaroor gee, met SY leiding. As gelowiges het ons dus SY Woord daarvoor, synde absoluut eersteklas getuienis van die Skepper Self, en is daar nie juis teorieë ter sprake, nie.
Dit is mos maar hoe dit gaan met die instruksies van die vervaardiger van dinge – hy sal vir jou die korrekte weergawe gee en nie teorieë waarop mense wat self probeer uitvis wat aangaan staatmaak, nie. Net so met die Skepper. Ons as massa gelowiges weet dat die gebeure in Genesis SY Woord is. Toegegee, daar is sommige wat SY mededelings nog nie behoorlik onder die knie het, nie, nes maar in die geval van ’n vervaardiger wat sekere dinge in sy vaktaal verduidelik, en die aanhoorder eers op vlak moet kom mettertyd om te verstaan wat gesê, word. Daarom is daar ook gelowiges wat soms nog hier en daar wanpersepsies en dalk wanopvattings koester, maar dit maak nie die Waarheid waarmee hulle gekonfronteer word, minder Waarheid nie, en ook nie van hulle ongelowiges, nie. Dit maak van hulle gelowiges wat nog sommige dinge moet onder die knie kry in die groeiproses van hul geloof. Dit is baie normaal. Daar is ook gelowiges wat glad nie omgee om oor die dinge in detail te weet nie, hulle glo eenvoudig al verstaan hulle nie – dit is formidabele gelowiges – hulle wat glo, naar nog nie gesien het, nie. So is dit met ons ware gelowiges algar. Ons het weggespring as mense wie glo wat hulle nog nie gesien het, nie. Op ons geloofspad het ons gevorder en meer en meer begin sien van wat ons eens geglo het, en sommer algaande ook die wanopvattings en miskonsepsies met die Goddelik gegewe insig die hoof gebied.
Dus, van jou as agnostikus word dieselfde verwag. Jy sal moet glo wat jy nog nie gesien het, nie. Dan eers sal jy die waagmoed hê om op die pad te gaan waar jy sal sien, wat jy eers net geglo het sonder om dit te sien. Dit is die Weg van Kennis.
Jy kan nie sommer halfpad inspring nie, want jy glo nie eens alles wat jy kan sien, nie – die natuur as Handewerk van God – en wil opsluit eers self vermag en selfs dan glo jy nie. So leef jy in ’n wêreld van onsekerheid en negatiewe skeptisisme en so is jou verwysingsraamwerk as agnostikus so uiters, uiers ingeperk en beperk.
Kobus de Klerk
Kobus:
Is daar enige van die feite in Genesis wat getoets kan word aan die hand van waarneming en/of eksperimentering? As dinge verloop het soos Genesis sê, het dit sekere implikasies vir wat ons in die natuur behoort waar te neem.
Nou ja, ek is geen teoloog nie en dalk interpreteer ek Genesis heeltemal verkeerd. Jy sal dus vir ons moet verwys na 'n kort opsomming van gebeure, soos jy dit sien. Anders is daar niks om oor te debatteer nie.
Mag ek ook reageer. Ek sien party mense het so aan die waarheid geraak. Gen 1:1 God het die hemel en aarde geskape. Wat beteken dit? Son, maan, sterre, aarde, planete het God klaar gemaak. Gen 1:2 Skielik is die aarde weer in duisternis, hoe nou? God se Gees sweef nou op die wêreldvloed, en dit in duisternis, maak nie sin nie. In kort, die sleutelwoord: WÊRELDVLOED! Waar kom dit vandaan? Ons moet die Bybel bestudeer vir die antwoord. Esegiël gee ons 'n beskrywing van die gebeure, maar Petrus gee ons die antwoord. Esegiël vertel ons van die vergrype van satan, Lucifer die slang, maar Petrus beskryf ons God se handeling. Ek glo die wetenskaplikes se berekenings, maar God sê dat hy 'n kring van water op die aarde afgetrek het. Hier is iets vir die verligte mense: Die laaste oermense/diere het volgens hulle so dertigduisend jaar gelede geleef, so geen Ice age, die aarde was vir dertigduisend jaar (iets vir die verligtes om te ondersoek) onder water, in donkerte, geen son. Verduideliking: As die Woord sê WÊRELDVLOED, bedoel dit nie sondvloed nie; dit het net op God se volk Israel betrekking. Uitwissing van sondes. Ek glo die aarde/heelal kan biljoene jaar oud wees, maar alles bo die grond is niks ouer as twaalfduisend jaar nie. Aldus Petrus, een dag by God is 'n duisend jaar by die mens. As ek die Woord in hierdie konteks lees maak Gen 1: 2 sin.
Nog iets vir die verligtes:
1. Dawid het gesê dat die aarde rond is, dis 'n bal wat in die lugruim hang.
2. Hy het ook bevestig dat God 'n kring van water op die aarde afgetrek het. Iets vir die Wetenskaplikes, alles het uit water ontstaan, nie andersom, dis ook hoekom daar water op ander planete gevind kan word. Die mens en alles is uit stof/grond gemaak, dit is waarna ons terugkeer. Die gees behoort egter aan God, dit is na Hom wat dit terugkeer. As wetenskaplikes die gees kan DNA, sal hulle die verbinding tussen alles vind, nie 'n vis.
NS: As iemand nie die Woord wil lees nie, kan ek help met die verwysings.