Die oorgang van Venus op 6 Junie 2012 waartydens dit voor die son se skyf verbybeweeg het, is nou reeds ou nuus. In Suid-Afrika was ons ongelukkig nie bevoorreg om die verskynsel direk waar te neem nie aangesien dit tydens die oggendure voor sonop plaasgevind het. Ek was bevoorreg om die vorige oorgang wat in 2002 plaasgevind het direk deur my teleskoop waar te neem en het voor die tyd ’n ope uitnodiging aan die skool gerig. Minstens 50 leerlinge/leerders en enkele onderwysers het daarvan gebruik gemaak en het dié oggend letterlik onder die skaduwee van Venus gestaan en hopelik sal dit hulle vir die res van hulle lewe bybly.
Die volgende oorgang is geskeduleer vir 2112 en dan weer vir 2122. Dit is onwaarskynlik dat enigeen wat hier lees dit gaan belewe.
Aangesien ’n direkte waarneming van die gebeurtenis ons nie beskore was nie, sluit ek ’n simulasie in wat die meer as twee-uur-lange gebeurtenis van verlede week in enkele sekondes saamvat.
Groete
Panda


Kommentaar
Panda, c'est befoque !!
Merci, Jan Rap.
Panda
Dankie Panda en Jan Rap vir die uitbreiding van my astronomie-kennis asook my Franse woordeskat