Naomi Meyer

Naomi Meyer is 'n toegelate prokureur. Ná haar regstudies en klerkskap in Bloemfontein, voltooi sy haar meestersgraad met lof by die Universiteit van Kaapstad, Departement Afrikaans en Neerlandistiek. Sy is in 2000 en in 2001 voltyds betrokke by LitNet en by die Taalsekretariaat. Tussen 2002 en 2011 het sy in Ierland gewoon, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk by ’n een-man-prokureur verrig het en vyf jaar viool by ’n musiekskool gegee het. Haar jeugroman, Ruik jy die Filmster, het in September 2006 by Tafelberg verskyn. Sy het in 2009 die Duleek Heritage Group-kortverhaalkompetisie in Ierland gewen (met haar kortverhaal, "Water"). Deesdae is sy terug in Stellenbosch as LitNet se senior inhoudsbestuurder. Haar spanningsroman, Web, verskyn in Maart 2017 by Queillerie. Haar kortverhale is ook opgeneem in die Woordfeesbundel, in Ver in die wêreld (Tafelberg Uitgewers), Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) en Die meisie met uitroeptekens in haar oë (Pan Macmillan South Africa). Seeperde, ’n kinderboek uit haar pen, verskyn in 2023 by Pan Macmillan South Africa. Foto: Naomi Bruwer

Superma (en ander mites), ’n onderhoud

Chantelle de Wet, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-07-06

“Jy moet doen waarmee jy gemaklik is en wat vir jou werk, en alhoewel mens luister na raad, het jy die reg om kinders (as jy hulle wil hê) op jou eie manier, met lekkerkry, klaar en groot te kry.” 

Waarom sielkundiges sélf ook emosionele versorging benodig

Izanette van Schalkwyk, Naomi Meyer Onderhoude 2017-06-29

"Dié eerlike erkentenis en dapperheid tot volgehoue selfsorg om [as sielkundiges self] te floreer, word dan ook die spieël vir ander."

Vrystaat Kunstefees 2017: Kleinboer tussen tradisie en moderniteit

Johann Rossouw, Naomi Meyer Feeste 2017-06-29

"Omdat Kleinboer se fiksie so outobiografies is, behoort sy drie boeke saam gelees te word, nes elkeen van ons van ons lewe slegs as een lang verhaal met kleiner hoofstukke sin kan maak."

Waterskaarste: Dibi Breytenbach se wenke

Dibi Breytenbach, Naomi Meyer Onderhoude 2017-06-22

"Wat in ons dorp opvallend was, was hoe vinnig die mense dissipline aangeleer het ten opsigte van waterverbruik toe die water heeltemal klaar geraak het. Ons het werklik nie ’n keuse gehad nie. Dis iets wat ons eintlik lankal moes geleer het, ter wille van oorlewing."

Waterskaarste: Praktiese wenke

Alta Cloete, Naomi Meyer Onderhoude 2017-06-13

“Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word.”

Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché

Louisa Punt-Fouché, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-06-12

"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n onderhoud

Elsa Hamersma, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-06-07

"Aanvanklik begin ek met ’n idee. Dis die vonk. Daarna word dit hoofsaaklik gedryf deur die karakters en daarom is dit vir my nogal nutteloos om te veel beplanning te doen." 

Kamikaze: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-05-30

“Terwyl ek deur die lywige boek geblaai het, het my oog ’n paragrafie gevang waarin Bate sy verbasing uitspreek dat geen misdaadfiksieskrywer nog die wêreld van vervalste medisyne as ’n tema vir ’n boek gebruik het nie. Ek het die boek dadelik aangeskaf.” 

Franschhoekfees 2017: Sophie Hannah

Naomi Meyer Feeste 2017-05-24

"Voor elke misdaadboek, sê sy, beplan sy haar boek haarfyn. Sy beplan elke boek vooraf so deeglik dat haar agent een slag vir haar gesê het as Sophie doodgery word, sal sy wat die agent is aan die hand van die uiteensetting die boek kan skryf."

Eurovision-liedjiekompetisie 2017: meertaligheid, diversiteit en die siel van Europa?

Naomi Meyer Menings 2017-05-17

"En hier is die raakpunt tussen Suid-Afrika en die Eurovision-liedjiekompetisie: niemand praat oor dit wat werklik saak maak nie."

Being Kari: an interview with Qarnita Loxton

Qarnita Loxton, Naomi Meyer Books and writers 2017-05-16

"I also wanted to write about an adult love relationship, and in the Cape Town context, it seemed authentic to include an intercultural relationship which raised questions of identity."

Yesterday's dream: an interview with Mxolisi James Majola

Mxolisi James Majola, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-05-09

"I was inspired by reading a book written by Ernest Hemingway, titled The old man and the sea. My mother was given a copy of this book by her employer when I was 10 years old. I started to read that book, and from there my love for reading books has never stopped."

The praying nun: an interview with Michael Smorenburg

Michael Smorenburg, Naomi Meyer Books and writers 2017-05-08

"'Now' is all that any of us certainly have, and to waste a moment of it, either enslaving someone else or being held in bondage for someone else’s benefit, is a crime against humanity."

Jannie du Toit: Een kunstenaar (en sy vriende) = een kunstefees

Jannie du Toit, Naomi Meyer Musiek 2017-05-05

"Ek sing in meer tale as wat ek praat, en ek het geen twyfel dat 'n mens se ervaringsveld verbreed word deur elke taal wat jy beleef nie."

Vermis deur Jeanette Stals, 'n onderhoud

Jeanette Stals, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-05-04

"Die verhaal begin met Elodie wat een oggend net skoonveld is, met geen teken dat sy in haar bed geslaap het en ook geen leidrade waar sy kan wees en of sy uit vrye wil iewers heen is nie."

Top