Margit Meyer-Rödenbeck

Margit het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en daarmee ’n honneurs- en meestersgraad (in verhoogbestuur) verwerf. Sy was sedertdien ’n omroeper by Punt Radio, het opvoedkundige en kinderteater (met die Vlooi-produksies, hier en in die buiteland) gedoen en die pantomime (onder andere as die geliefde karakter Liewe Heksie – met Flower power en al) na ’n ánder vlak verhef.

Sy het die lewenslustig-slim lolliepopflerrietjie Dowwe Dolla geskep, wat intussen ’n dowerige, maar steeds stuitige Garies-Ouma van die Knersvlakte geword het. Ouma bly op (die) pad en sy looi die ou slootkoeie (en -bulle). Tussendeur alles kon Margit ook tyd inruim vir rolprente en ensemble-werk: onder meer Drie susters (saam met Liz Meiring en Nicole Holm), Die voordele van eierwit (saam met Marion Holm), Kaas (saam met Trix Pienaar) en saam met Deon Lotz en Gary Naidoo – met teks en regie deur Rafiek Mammon – in Rondomtalie gespeel, ’n komediedrama wat weens taal, seks en geweld nie vir sensitiewe en preutse kykers geskik was nie.

As aktrise en komediant, kán Margit in ’n oogwink van kinderlike onskuld na bytende satire beweeg: spitsvondig en intelligent. Margit is ook een van die gewildste compères van glansgeleenthede in die land en die mede-eienaar van die teaterrestaurant Die Boer, wat sy saam met haar man Jurgen Human (ook haar teksskrywer en regisseur) bedryf en waarmee sy ’n platform vir die land se talentvolste kunstenaars bied.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck oor Eerste vir alles

Christiaan J de Swardt, Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-14

"Hulle dreig glo al 25 jaar lank om iets saam te doen, maar kon net nog nooit daarby uitkom nie. Albei was té bedrywig met hul onderskeie loopbane."

Vlooi en die verlore fossiel in die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Skole 2026-08-03

"Die grondslagfase-leerder reageer meestal nog op instink en nie vooropgestelde idees nie en dit maak hulle die heel lekkerste gehore om voor op te tree. Dis onbevange lekkerte. Lekkerste, maar nie maklikste. Kinders wil oortuig word, so die akteurs en teaterspan moet uithaal en wys." Hierdie produksie is gebaseer op karakters in die Oxford University Press se Storieboomreeks; dis die boeke waarmee baie skoolkinders leer lees.

Suidoosterfees: Eerste vir alles, ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius Suidoosterfees 2026-04-16

Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie, Eerste vir alles.

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Yolanda du Toit, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-09

"Die kinders is baie lief vir haar, want sy is weerloos en feisty, en die underdog raak die hero van die storie. Ek sê dikwels tong in die kies dis waar ek vir Dowwe Dolla eintlik ontwikkel het."

Vlooi en die Olimpiese vlam by die Kunstekaapteater: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2024-08-01

"As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats [karakters in die Oxford University Press-leesreeks wat vir die Grondslagfase voorgeskryf is] op ’n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! En hulle is net betyds vir die dertigste Olimpiese Spele."

Suidoosterfees 2024: Ken jy vir Dewie? – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie

Ignus Rademeyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie Suidoosterfees 2024-04-23

"Ken jy vir Dewie? nooi die gehoor terug na die skoolbanke, maar ook in die denke van die jong seun Dewie, waar hul sien hoe jarelange boeliery en onskuldige grappies manifesteer en groei tot iets wat onafwendbaar is."

Hoerkind by die Toyota US Woordfees: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-19

"Die teater is 'showing, not telling', maar hoe nou gemaak met ’n eenmanvertoning van memoires? Dis toe ek besluit het om elke toneel basies as ’n eie klein drama te sien. Jy kry nie kans om aan die slaap te raak, gemaklik te raak of aan ander dinge te dink nie. Herman/Geon Nel vereis jou aandag."

Vlooi en die geheim by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Marinda Engelbrecht

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2022-08-25

"Vir 60 minute laat ons kinders vergeet van die moontlike swaarkry en seerkry van die lewe. Ons laat hulle die magic en mooi ervaar."

Red Die Boer-teaterrestaurant: gratis aanlyn konsert

Margit Meyer-Rödenbeck Teater 2021-01-26

"Nou gaan WOES en sommige van ons land se voorste kunstenaars saamspan om twee GRATIS aanlyn konserte op 29 Januarie en 5 Februarie aan te bied  om fondse in te samel om hierdie belangrike platform vir kunstenaars in staat te stel om weer hulle deure te kan oopmaak sodra die toestande in die land dit toelaat."

Die Boer vier sy 15de verjaarsdag

Margit Meyer-Rödenbeck Teater 2020-05-06

"En so vier die Boer restaurant-teater in Durbanville sy 15de verjaarsdag in grendeltyd."

Vlooi en die storieboek: ’n onderhoud met Margit-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Teater 2019-08-23

"Negentien jaar gelede het my vennoot Marinda Engelbrecht met Oxford University Press gaan praat om die verhoogregte van die voorgeskrewe boekies te kry. Aanvanklik het ek die rol van Vlooi vertolk vir drie jaar."

Kinderteateronderhoud oor voorgeskrewe boek se Vlooi en die sneeuman

Margit Meyer-Rödenbeck, Naomi Meyer Skole 2016-08-12

"Een keer 'n jaar kan kinders hulle storieboekkarakters in aksie sien op die Kunstekaap-verhoog. Dit help die kinders om 'n lewendige prentjie by hulle boeke te sit, en dit is ook 'n uur waarin hulle saam met die karakters kan reis op 'n avontuur wat hulle verbeeldings te bowe gaan."

Resensie: Liewe Heksie - Leesboek 5 deur Verna Vels

Margit Meyer-Rödenbeck Resensies 2016-03-08

"Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar ek bly ‘n lewenslange fan. Levinia, you go girl!"

'n Gesprek oor kinderteater, Vryfees 2015 en Vlooi in Egipte

Margit Meyer-Rödenbeck, Naomi Meyer, Johannes Meyer Teater 2015-08-21

"Mamma, begin ons vandag weer by die begin van die show of waar ons gister opgehou het?"

Top