
Goed-geskryfde familiedrama, ’n resensie van Uit die donker deur Santie van der Merwe
2023-01-17"Santie van der Merwe slaag uitstekend daarin om mense se emosies te ontleed. Sy het ’n goeie begrip van hoe oud en jonk dink en optree. Sy verstaan hoe ’n tiener se kop werk."

Die drie lewens van Hannli Human deur Connie Luyt, ’n resensie
2022-12-13"Connie Luyt skryf roerende verhale wat in Afrika afspeel. Sy het ’n besondere affiniteit vir Kenia en sy skryf oor daardie land en sy geskiedenis soos ’n Suid-Afrikaanse Elspeth Huxley of Karen Blixen."

Poëtiese taal: Dol heuning deur SJ Naudé, ’n resensie
2022-03-22"Naudé het ’n wye en gekultiveerde verwysingsraamwerk en daar is vele verwysings na kuns en letterkunde. Ook het hy die vermoë om alles, goed en kwaad, te skryf in poëtiese taal wat verruk."

Uitbuiting van en geweld teenoor vroue tersaaklik: Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen, ’n resensie
2022-03-17"Die beheptheid met skoonheid en voorkoms, uitbuiting van en geweld teenoor vroue is tersaaklik, veral deesdae, wanneer dit so duidelik en openlik betreur word. Veral jong, onvolwasse meisies is weerloos en uitgelewer aan misbruik."

Ludo het sy nering gevind: Kry vir jou deur Francois Bloemhof
2022-03-09"Dit lees lekker en is vol allerhande wyshede, navorsing oor die verlede, pittighede en lagwekkende gebeure. Dit is ’n speurverhaal sonder polisiebetrokkenheid en grusaamheid."

Verraad en liefde
2017-07-12"Klein vuurtjies wat nie in die nag van ver gesien kan word nie, brand tussen huis- en kraalmure wat stukkend en swart gelaat is nadat die Britse troepe daar deurgetrek het, alle vee doodgemaak het en vroue en kinders na die konsentrasiekamp weggevoer het."

Doodsberig: Nelson Mandela
2013-12-06 Nelson Rolihlahla Mandela is dood.Hy is op 18 Julie 1918 in Mvezo gebore en is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 in Johannesburg oorlede.

’n Lyf onthou vra die leser se eie oordeel
2012-06-07 Die 17 kortverhale handel oor die lyflike, hoofsaaklik uit ’n vroulike oogpunt en met die fokus op vroulike hoofkarakters. Daar is egter ook verhale wat uit ’n manlike perspektief vertel word. Die meeste verhale het seks in verskeie gedaantes as tema.
Blitsfiksie-kompetisie: Jy moet kom as ek roep
2010-03-16 “Jy moet kom as ek roep. Waar is jy?” Die lig van haar klein flitsie wip heen en weer, verlig kolletjies in die stikdonker. Sy ruik die soetsiek stank voordat sy oor die roerlose lyfie struikel. Op die pels blink die donker van ...
Lammervanger: Boeiende roman oor keuses en kwesbaarheid
2009-11-12 Lammervanger, ’n roman deur Frans van Rensburg, uitgegee deur LAPA Uitgewers, maak gebruik van interessante tydspronge van die verlede na die hede, asook spronge van die aardse wêreld na die wêreld van die dooies.
Klara kom tuis: Kronkelpaaie maak boek boeiend
2009-06-24 Soos die titel van die boek aandui, kom Klara ook uiteindelik op die punt waar sy die geluk wat haar ontwyk het, kan aangryp.
LitNet-spens: Die spooklig
2008-11-14Op ’n plaas in Mpumalanga waar daar elke aand ’n rooi lig in die verte verskyn, word die huismense wat besoekers het, aangeval deur ’n voormalige plaaswerker wat hulle gyselaar hou en terroriseer.

LitNet-spens: Die vlugtelinge
2008-11-14’n Gesin in Harare, Zimbabwe, word verplig om te vlug. Die man is ’n onderwyser wat by die skool aangeval is omdat hy ’n seun van ’n MDC-lid gered het van ’n groep ZANU-jeugdiges.