Blitsfiksie-kompetisie: Jy moet kom as ek roep

  • 0

“Jy moet kom as ek roep. Waar is jy?”

Die lig van haar klein flitsie wip heen en weer, verlig kolletjies in die stikdonker.

Sy ruik die soetsiek stank voordat sy oor die roerlose lyfie struikel. Op die pels blink die donker van bloed, en die oë blink doods in die lig van die flits.

Nee! Sy hurk, haar hand uitgestrek. ’n Ander reuk, van mens, ’n ander blink in die hoek van haar oog. Iemand ruk haar aan die hare. Die angsgil uit haar keel smoor in brandpyn.

 


 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top