Morena en Rorisang-leesreeks deur Refiloe Moahloli: ’n resensie
2026-05-20"Jong lesers sal hulle maklik met Refiloe Moahloli se prettige, eietydse stories en die situasies waarin haar karakters beland, kan identifiseer."
Die beste sussie vir ’n babadraak deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2026-05-20"Viljoen en LAPA uitgewers het alles uitgehaal om hierdie boek so aanloklik en toeganklik as moontlik vir jong lesers te maak."
Spienekelientjies, saamgestel deur Antjie Krog: ’n resensie
2026-05-20"Vir diegene wat ’n hupstootjie nodig het met die voorlees van hierdie bundel, is daar ’n QR-kode by die voorwoord ingesluit wat lesers sal neem na ’n indeks van 32 ryme, lieflik voorgelees deur Krog."
Christelientjie die sonskynfeetjie van die Grootrivier deur Riana Scheepers: ’n resensie
2026-05-20"Dis opvallend dat daar iets anders aan die feetjie op die omslag deur Elsabé Ebersöhn is. Sommige lesers sal die gebruik van sonskynfeetjie verstaan en die kloutjie by die oor bring."
Die weerligvoël deur Jaco Jacobs: ’n resensie
2026-03-02"Jaco Jacobs noem graag dat hy speel wanneer hy skryf en met Die weerligvoël is dit duidelik dat hy baie lekker gespeel het. Hierdie boek waarborg eerstens ontsnapping en ’n lekkerleeservaring vir nege- tot dertienjarige seuns én meisies. Enige iets anders wat daaruit geoes kan word, is ’n bonus. Jacobs doen wat hy baie goed doen. Hy maak lees lekker."
’n Resensie van Huisgenoot: Het jy geweet?
2026-02-23"Dit is ’n boek om deur te blaai en te lees wat jou oog vang, of waarin jy belangstel. Die lekkerte lê, soos met baie kleurvolle publikasies soos hierdie een, onder andere in die lukraak feite wat raakgelees word."
Kinderboeke vir die Kerskous en die vakansie
2025-12-19"Met hierdie lysie boeke hoef daar geen vervelige dae in die vakansie te wees nie. Onthou, lees wat en wanneer jy wil."
Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen: 'n resensie
2025-07-30"Ja, Viljoen het bo en behalwe die verskrikking van die natuurramp wat hulle getref het, inderdaad ook gesorg vir die perfekte storm onder daardie tafels. En dit terwyl, in die al vinniger lesende leser se agterkop ’n voorkennis dat almal nie hierdie ramp gaan oorleef nie, klop. Wie gaan, soos Shakespeare se Juliet se versugting vir haar Romeo, in sterre uitgesny word?"
Sewe-en-sestig leesminute vir Mandela op 18 Julie 2025
2025-07-24"Die skoolvakansie was amper verby en die kinders van die KidsCan Naskool- en leersentrum in Proteadorp, Kleinmond, al effe moeg gevakansie na ’n stewige vakansieprogram. Maar … toe besluit ons om ’n bietjie meer as net worsrolletjies op Mandela-dag te doen en die vakansie op ’n hoë noot af te sluit deur vir 67 minute te lees."
Speurhond Willem in Japan deur Elizabeth Wasserman: ’n kinderboekresensie
2025-06-12"Die Speurhond Willem-boeke neem lesers op spannende én snaakse speuravonture, maar is en bly in wese reisverhale. Wasserman slaag nes met haar Elf dae-tienerreeks met hierdie reeks steeds uitstekend daarin om vir nege- tot twaalfjariges feit en fiksie kreatief te kombineer en pakkende stories te skep en te vertel, én haar lesers daarmee te vermaak."
Lees- en leerpret met Bollie: ’n resensie
2025-05-22"Die Bollie-werkboeke bied bo en behalwe kosbare aktiwiteite om letter- en syfervaardighede aan te leer, baie geleenthede om skryfvaardighede te oefen en vas te lê. En Bollie-aanhangers van weleer kan ontspan. Met Wendy Maartens as vertaler, is Bollie in veilige hande."
Kinderboeke: Van dansdrome na dansers – na rolmodelle
2025-05-16"Dit is hierdie soort boeke wat kan help om drome en hoop lewend te hou, aangesien die pad na sukses, danksy bekende of gemeenskaplike omstandighede en komvandaans, meer toeganklik kan voel."
Joha van Dyk (27 Februarie 1997 – 2 Februarie 2025)
2025-04-15"Joha van Dyk kon skryf – soms byna poëties, soms filmies, altyd in ’n Afrikaans waarmee haar lesers kon identifiseer en waarmee hulle gemaklik was."
Kinderboeke: Terug skool toe met lekkerleesboeke
2025-02-11"Vir eers, aan die begin van die skooljaar, moet daar egter gemik word na en baklei word vir … ’n positiewe verhouding met boeke en lees."
Kinderboeke vir die Kerskous
2024-12-13"Die mooiste en lekkerste vakansies hoef nie net te gaan oor wat geëet is, speletjies, uitstappies, wat daai onmoontlike nefies weer dié jaar aangevang het of die familie van oorsee se gawe geskenke nie. Stories en vakansieboeke kan ook deel wees van baie spesiale vakansieherinneringe."

