
Joha van Dyk (27 Februarie 1997 – 2 Februarie 2025)
2025-04-15"Joha van Dyk kon skryf – soms byna poëties, soms filmies, altyd in ’n Afrikaans waarmee haar lesers kon identifiseer en waarmee hulle gemaklik was."

Kinderboeke: Terug skool toe met lekkerleesboeke
2025-02-11"Vir eers, aan die begin van die skooljaar, moet daar egter gemik word na en baklei word vir … ’n positiewe verhouding met boeke en lees."

Kinderboeke vir die Kerskous
2024-12-13"Die mooiste en lekkerste vakansies hoef nie net te gaan oor wat geëet is, speletjies, uitstappies, wat daai onmoontlike nefies weer dié jaar aangevang het of die familie van oorsee se gawe geskenke nie. Stories en vakansieboeke kan ook deel wees van baie spesiale vakansieherinneringe."

Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie
2024-11-26"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."

Die doodgewone bure deur De Wet Hugo: ’n resensie
2024-11-19"Ek is redelik seker dat lesers hulle nie gaan doodskrik, doodgril of doodlag met die lees van Die doodgewone bure nie. Ek is wel doodseker dat hulle hulle nie gaan doodverveel nie, en dat hulle veral die Winterbachs se manewales baie gaan geniet."

Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie
2024-11-18"Met alles hier bo in ag genome, raak Bezuidenhout se lekker onderhoudende storie, steeds nooit ’n aktivistiese tirade nie."

Die Meerkat-reeks deur Mart Meij en Beatrix de Villiers: ’n resensie
2024-10-15"Die altesaam 13 stories vir graad 1, 15 stories vir graad 2, en 19 stories of feitestukke vir graad 3 behels leesstukke wat fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van aanlyn en/of elektroniese kommunikasie insluit. Praat- en leesaktiwiteite en speletjies tussendeur maak dit makliker vir leerders om leesbegrip in te oefen en dra daartoe by dat nuwe taalvaardighede aangeleer word."

Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie
2024-10-14"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."

Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie
2024-09-17"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."

Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-09-17"Humor, sowel as Emily House se illustrasies en kreatiewe tipografie, maak die verhaal toeganklik vir ’n groter teikengroep."

Sankind lees die wind – veel meer as stories: ’n onderhoud met Wendy Maartens
2024-05-22"Hoe mooi is dit om te sê iemand se wind het uitgewaai, sy hart het omgeval, as hy gesterf het? Die San glo boonop dat wanneer iemand sterf, sy hare wolke word, soos ook die voëls se vere – weliswaar nie wolke wat reën bring nie, bloot wolke wat verby sweef."

Die vierde Suid-Afrikaanse kinderboekfees: ’n oorsig
2024-05-09"Ja, Darryl het ’n smorgasbord van skrywers en stories op hierdie trein gekry."

Seeperde deur Naomi Meyer: ’n resensie
2023-09-04"Seeperde is ’n welkome toevoeging tot ’n baie belangrike segment van die jeugboekmark – boeke vir jong lesers waarmee selfvertroue en ’n liefde vir lees gekweek kan word."

Oorsig: ’n hartverwarmende derde Suid-Afrikaanse kinderliteratuurfees
2023-05-11"Darryl David en sy span gooi die net wyd. Om die gonswoord van die tye te gebruik: Dis ’n inklusiewe fees."

Hulde aan wyle Martie Preller: Sy het gedoen wat sy moes doen
2023-03-09"Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur se Martie se stem is stil, maar haar stories en karakters leef voort."